PSALMS 21

Danksegging vir die oorwinning.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 oHere, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

3 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

4 Want Ukom hom tegemoet met seëninge van die goeie;op sy hoof sit U ’n kroon van fyn goud.

5 Die lewe het hy van U begeer;U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

6 Groot is sy eer deur u hulp;majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

8 Want die koning vertrou op dieHere, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10 U sal hulle maaksoos ’n vurige oond as U verskyn; dieHeresal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11 U salhulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het ’n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13 Want U sal hulle dwing om te vlug;met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.

14 Verhef U,Here, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × 1 =