PSALMS 29

’n Onweerspsalm.

1 ’nPSALM van Dawid.

Gee aan dieHere, o hemelinge, gee aan dieHereeer en sterkte!

2 Gee aan dieHeredie eer van sy Naam; aanbid dieHereinheilige sieraad!

3 Die stem van dieHereis op die waters, die God van eer donder; dieHereis op die groot waters.

4 Die stem van dieHereis met krag; die stem van dieHereis met heerlikheid.

5 Die stem van dieHerebreek seders; ja, dieHereverbreek die seders van die Líbanon;

6 en Hy laat hulleopspring soos ’n kalf, die Líbanon enSirjon soos ’n jong buffel.

7 Die stem van dieHereslaan daar vuurvlamme uit.

8 Die stem van dieHerelaat die woestyn bewe; dieHerelaat die woestyn van Kades bewe.

9 Die stem van dieHerelaat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!

10 DieHerehet gesit oor die Watervloed; ja, dieHeresit as Koning tot in ewigheid.

11 DieHeresal sy volk sterkte gee, dieHeresal sy volk seën met vrede.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fourteen + 15 =