PSALMS 27

Die Here my lig en my heil!

1 ’nPSALMvan Dawid.

# DieHereismy lig enmy heil: vir wie sou ek vrees? DieHereis die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?

2 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet — my teëstanders en my vyande, ja, myne — struikel hulle self en val.

3 Al word ’n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.

4 Een ding het ek van dieHerebegeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van dieHere, om dielieflikheid van dieHerete aanskou en te ondersoek in sy tempel.

5 Want Hysteek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ’n rots.

6 En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam mettrompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van dieHere.

7 Hoor, oHere, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.

8 Van U sê my hart:Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, oHere!

9 Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie,o God van my heil!

10 Want my vader enmy moeder het my verlaat, maar dieHeresal my aanneem.

11 Here,leer my u weg en lei my op ’n gelyk pad, vanweë my vyande.

12 Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, wantvalse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.

13 o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van dieHeresal sienin die land van die lewendes nie …

14 Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op dieHere!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 − 12 =