PSALMS 28

Gebed om verlossing.

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Ek roep U aan, oHere!My rots,draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg,word soosdie wat in die kuil neerdaal nie.

2 Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef nadie binneste van u heiligdom.

3 Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.

4 Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.

5 Omdat hulle nie let op die dade van dieHereof op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.

6 Geloofd sy dieHere, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.

7 DieHereis my sterkte en myskild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

8 DieHereis ’n sterkte vir hulle, en Hy is ’n vesting van verlossing vir sy gesalfde.

9 Verlos u volk en seënu erfdeel, en wees vir hulle ’n herder en dra hulle tot in ewigheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 2 =