PSALMS 10

Teenoor hoogmoedige vyande word toevlug geneem tot God.

1 oHere, waarom staan U so ver wegenhou U verborge in tye van benoudheid?

2 In sy trotsheidvervolg die goddelose die ellendige.Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!

3 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag dieHere.

4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte,sê:Hy ondersoek nie: daar is geen God nie — dit is al sy gedagtes!

5 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders — hy blaas op hulle.

6 Hy sê in sy hart:Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslagis ekdie een wat nie in die ongeluk sal wees nie.

7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.

8 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.

9 Hy loer in die skuilhoek soos ’n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;

10 en verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.

11 Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.

12 Staan op,Here!oGod, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!

13 Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: Usoek dit nie?

14 U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat ’n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was ’n helper van die wees.

15 Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheidtotdatU niks vind nie!

16 DieHereis Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.

17 Here, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister

18 om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geenmens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.

PSALMS 11

Wees nie kleingelowig nie!

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid.

# By dieHereskuil ek.Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle bergsoos’n voël!

2 Want kyk,die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

3 Asdie fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

4 DieHereis in sy heilige paleis; die troon van dieHereis in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

5 DieHeretoets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en ’n gloeiende wind saldie deel van hulle beker wees.

7 Want dieHereis regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

PSALMS 12

Leuens heers onder die mense; God is waarheid.

1 VIR die musiekleier; met basstem. ’n Psalm van Dawid.

2 Red, oHere, wantdaar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.

3 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.

4 Mag dieHereal die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,

5 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?

6 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê dieHere; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.

7 Die woorde van dieHereis rein woorde, silwer watgelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

8 U, oHere, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.

9 Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

PSALMS 13

Gebedsvertroue van Dawid.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Hoe lank,Here, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

3 Hoe lank sal ek planne beraam in my siel,metkommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?

4 Aanskou tog, verhoor my,Here, my God!Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;

5 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie,enmy teëstanders nie juig asek wankel nie.

6 Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van dieHere, omdat Hy aan my goed gedoen het.

PSALMS 14

Goddeloosheid van die mens.

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid.

# Diedwaas sê in sy hart:Daar is geen God nie.Sleg, afskuwelik maak hullehuldade;daar is niemand wat goed doen nie.

2 DieHerehet uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daariemand verstandig is, wat na God vra.

3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

4 Het al die werkers van ongeregtigheid dangeen kennis nie, diewat my volk opeetasofhulle brood eet? Hulle roep dieHerenie aan nie.

5 Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.

6 Die raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, dieHereis sy toevlug.

7 Ag, mag die verlossing van Israeluit Sion kom! As dieHeredie lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

PSALMS 15

Wie mag vertoef in u tent, o Here?

1 ’nPSALM van Dawid.

# Here,wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon opu heilige berg?

2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hartdie waarheid spreek;

3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;

4 in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat dieHerevrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;

5 wat sy geld nie gee opwoekeren geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.

PSALMS 16

God die hoogste goed.

1 ’nGEDIG van Dawid.

Bewaar my, o God, want by U skuil ek.

2 Ek het tot dieHeregesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.

3 Maaraangaande die heiliges wat op die aarde is,sê ek:Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.

4 Die smarte van hulle wat ’n andergodmet gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgieten hulle name op my lippe nie neem nie.

5 DieHereis die deel van my erfenis en van mybeker; Ú onderhou my lot.

6 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7 Ek sal dieHereloof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan myniere my.

8 Ekstel dieHerealtyddeur voor my; omdatHyaan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;

10 want U sal my siel aandie doderyk nie oorgee nie;U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.

11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig,lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

PSALMS 17

Gebed om redding.

1 ’nGEBED van Dawid.

Here, hoor ’n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.

2 Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oëregverdig sien.

3 U het my hartgetoets, dit in die nagondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.

4 Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.

5 My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.

6 Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!

7 Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!

8 Bewaar mysoos ’n oogappel; verberg myin die skaduwee van u vleuels

9 teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.

10 Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.

11 Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop omonsop die grond uit te strek.

12 Hy is soos ’n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos ’n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.

13 Staan op,Here, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;

14 met u hand van die manne, oHere, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seunsdaarvannog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.

15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek salversadig word met u beeldas ek wakker word.

PSALMS 18

Danklied ná die oorwinning.

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid,die kneg van dieHere, wat die woorde vanhierdie lied tot dieHeregespreek het op die dag toe dieHerehom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.

2 En hy het gesê:Ek het U hartlik lief,Here, my sterkte.

3 DieHereis my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rotsby wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

4 Ek roep dieHereaan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.

5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.

6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die doodhet my teëgekom.

7 Toe ek benoud was, het ek dieHereaangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.

8 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamentevan die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

9 Rook in sy neus het opgegaan, en’n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.

10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.

11 En Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; ja, Hy hetgesweef op die vleuels van die wind.

12 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.

13 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek,hael en gloeiende kole.

14 En dieHerehet in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.

15 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.

16 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, oHere, vanweë die geblaas van die wind van u neus.

17 Hy het uit die hoogtesy handuitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.

18 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.

19 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar dieHerewas my steun.

20 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.

21 DieHerehet met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.

22 Want ek het die weë van dieHeregehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;

23 want al sy verordeninge was voor my, ensy insettinge het ek nie van my verwyder nie.

24 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25 So het dieHeremy dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.

26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,

27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

28 Want U verlos die verdrukte volk; maar U vernederdie oë wat hoog is.

29 Want U laat my lamp skyn; dieHeremy God laat my duisternis opklaar.

30 Want met U loop ek ’n bende storm, en met my God spring ek oor ’n muur.

31 Die weg van God is volmaak; die woord van dieHereis gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil.

32 Want wie is God buiten dieHere, en wie is ’n rots behalwe onse God?

33 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.

34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.

35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

36 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

37 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.

38 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

39 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.

40 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.

41 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.

42 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot dieHere, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.

44 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my ’n hoof gemaak van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

45 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.

46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.

47 DieHereleef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!

48 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;

49 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.

50 Daarom wil ek U loof, oHere, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.

51 Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aansy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.

PSALMS 19

Openbaring in natuur en Skriftuur.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Diehemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.

3 Die een dag stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:

4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.

5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ’n tent gemaak;

6 en dié is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is blysoos ’n held om die pad te loop.

7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.

8 Die wet van dieHereis volmaak: dit verkwik die siel; diegetuienis van dieHereis gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

9 Die bevele van dieHereis reg: hulle verbly die hart;die gebod van dieHereis suiwer:dit verlig die oë.

10 Die vrees van dieHereisrein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van dieHereis waarheid — tesame is hulle regverdig.

11 Hulle is begeerliker asgoud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.

13 Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry vandie wat verborge is.

14 Hou u kneg ook terug van moedswilligesondes;laat dit nieoor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, oHere, my rots en my verlosser!