PSALMS 14

Goddeloosheid van die mens.

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid.

# Diedwaas sê in sy hart:Daar is geen God nie.Sleg, afskuwelik maak hullehuldade;daar is niemand wat goed doen nie.

2 DieHerehet uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daariemand verstandig is, wat na God vra.

3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

4 Het al die werkers van ongeregtigheid dangeen kennis nie, diewat my volk opeetasofhulle brood eet? Hulle roep dieHerenie aan nie.

5 Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.

6 Die raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, dieHereis sy toevlug.

7 Ag, mag die verlossing van Israeluit Sion kom! As dieHeredie lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × 5 =