PSALMS 19

Openbaring in natuur en Skriftuur.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Diehemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.

3 Die een dag stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:

4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.

5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ’n tent gemaak;

6 en dié is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is blysoos ’n held om die pad te loop.

7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.

8 Die wet van dieHereis volmaak: dit verkwik die siel; diegetuienis van dieHereis gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

9 Die bevele van dieHereis reg: hulle verbly die hart;die gebod van dieHereis suiwer:dit verlig die oë.

10 Die vrees van dieHereisrein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van dieHereis waarheid — tesame is hulle regverdig.

11 Hulle is begeerliker asgoud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.

13 Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry vandie wat verborge is.

14 Hou u kneg ook terug van moedswilligesondes;laat dit nieoor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, oHere, my rots en my verlosser!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12 − 5 =