PSALMS 17

Gebed om redding.

1 ’nGEBED van Dawid.

Here, hoor ’n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.

2 Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oëregverdig sien.

3 U het my hartgetoets, dit in die nagondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.

4 Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.

5 My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.

6 Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!

7 Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!

8 Bewaar mysoos ’n oogappel; verberg myin die skaduwee van u vleuels

9 teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.

10 Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.

11 Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop omonsop die grond uit te strek.

12 Hy is soos ’n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos ’n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.

13 Staan op,Here, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;

14 met u hand van die manne, oHere, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seunsdaarvannog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.

15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek salversadig word met u beeldas ek wakker word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 + twenty =