PSALMS 16

God die hoogste goed.

1 ’nGEDIG van Dawid.

Bewaar my, o God, want by U skuil ek.

2 Ek het tot dieHeregesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.

3 Maaraangaande die heiliges wat op die aarde is,sê ek:Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.

4 Die smarte van hulle wat ’n andergodmet gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgieten hulle name op my lippe nie neem nie.

5 DieHereis die deel van my erfenis en van mybeker; Ú onderhou my lot.

6 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7 Ek sal dieHereloof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan myniere my.

8 Ekstel dieHerealtyddeur voor my; omdatHyaan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;

10 want U sal my siel aandie doderyk nie oorgee nie;U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.

11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig,lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 + 7 =