PSALMS 15

Wie mag vertoef in u tent, o Here?

1 ’nPSALM van Dawid.

# Here,wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon opu heilige berg?

2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hartdie waarheid spreek;

3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;

4 in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat dieHerevrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;

5 wat sy geld nie gee opwoekeren geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − thirteen =