PSALMS 10

Teenoor hoogmoedige vyande word toevlug geneem tot God.

1 oHere, waarom staan U so ver wegenhou U verborge in tye van benoudheid?

2 In sy trotsheidvervolg die goddelose die ellendige.Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!

3 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag dieHere.

4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte,sê:Hy ondersoek nie: daar is geen God nie — dit is al sy gedagtes!

5 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders — hy blaas op hulle.

6 Hy sê in sy hart:Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslagis ekdie een wat nie in die ongeluk sal wees nie.

7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.

8 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.

9 Hy loer in die skuilhoek soos ’n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;

10 en verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.

11 Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.

12 Staan op,Here!oGod, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!

13 Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: Usoek dit nie?

14 U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat ’n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was ’n helper van die wees.

15 Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheidtotdatU niks vind nie!

16 DieHereis Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.

17 Here, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister

18 om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geenmens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen − twelve =