PSALMS 11

Wees nie kleingelowig nie!

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid.

# By dieHereskuil ek.Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle bergsoos’n voël!

2 Want kyk,die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

3 Asdie fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

4 DieHereis in sy heilige paleis; die troon van dieHereis in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

5 DieHeretoets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en ’n gloeiende wind saldie deel van hulle beker wees.

7 Want dieHereis regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 4 =