PSALMS 13

Gebedsvertroue van Dawid.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Hoe lank,Here, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

3 Hoe lank sal ek planne beraam in my siel,metkommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?

4 Aanskou tog, verhoor my,Here, my God!Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;

5 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie,enmy teëstanders nie juig asek wankel nie.

6 Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van dieHere, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 2 =