II THESSALONICENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:

2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Die vooruitgang en standvastigheid van die gemeente in geloof en liefde nieteenstaande die vervolginge.

3 ONS moetGod altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,

4 sodat ons self indie gemeentes van Godoor julle roem vanweë jul volharding en geloof onderal julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur —

5 ’n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van Godwaardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;

6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,

7 en aan julle wat verdruk word,verligtingte geesaam met ons indie openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

9 Hulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf,weg van die aangesig van die Here envan die heerlikheid van sy sterkte,

10 wanneer Hy komom verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo,in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

11 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, enallewerk van die geloof met krag volkome mag maak,

12 sodat die Naam van onse Here Jesus Christusin julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.

II THESSALONICENSE 2

Die wederkoms van Christus sal voorafgegaan word deur die openbaring van die Antichris.

1 MAAR ons vra julle, broeders,met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus enons vereniging met Hom,

2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie —deur gees ofdeur woord ofdeur brief wat van ons afkomstig sou wees —asof die dag van Christus al daar is.

3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, wanteers moet die afval kom endie mens van sonde geopenbaar word, dieseun van die verderf,

4 die teëstander wat hom verhef bo alwat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6 En nou, julle weet wathomteëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

7 Wantdie verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word,hy wat die Heremet die asem van sy mond sal verdelg en deurdie verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

9 hy wie se koms isvolgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade entekens en wonders van die leuen

10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid indie wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

11 En daaromsal God hulle die krag van die dwaling stuur, omdie leuen te glo,

12 sodat almal geoordeel kan wordwat die waarheid nie geglo het nie, maarbehae gehad het in die ongeregtigheid.

13 Maarons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God jullevan die begin af verkies het tot saligheidin heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,

14 waartoeHy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.

15 So dan, broeders, staan vas en hou julle aandie voorskrifte wat julle geleer is òfdeur ’n woord òf deur ’n brief van ons.

16 En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader,wat ons liefgehad het en ’n ewige troos engoeie hoop in genade gegee het,

17 julle harte vertroos enjulle versterk in alle goeie woorde en werke!

II THESSALONICENSE 3

Verskillende vermaninge. Groete.

1 VERDER, broeders,bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle;

2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, wantdie geloof is nie die deel van almal nie.

3 Maardie Here is getrou; Hy sal julle versterk enbewaar van die Bose.

4 En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal doen wat ons julle beveel.

5 Mag die Herejulle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!

6 Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus,dat julle jul onttrek aan elkebroederwat onordelik wandel en nie volgensdie oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.

7 Want julle weet self hoe julle ons moet navolg,want ons het ons nie onordelik onder julle gedra nie;

8 ook het ons nie brood by iemand kosteloos geëet nie; maarons het met arbeid en inspanning nag en dag gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie.

9 Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as ’n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.

10 Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel:as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.

11 Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.

12 Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus,om rustig te werk en hulle eie brood te eet.

13 En julle, broeders, moet nie in goeddoen verflou nie.

14 En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man enhou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word.

15 En beskou hom nie as ’n vyand nie, maarvermaan hom as ’n broeder.

16 En mag Hy,die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!

17 Die groete van Paulus, met my eie hand, wat ’n teken is in elke brief; so skryf ek.

18 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

I THESSALONICENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS enSilvánus enTimótheüs aan die gemeente van dieThessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is:Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Vrug van die evangelie in Thessaloníka, en die getrouheid van die gemeente daar.

2 ONS dank God altyd oor julle almal as ons aan julledink in ons gebede

3 en onophoudelik in gedagte hou die werk van jullegeloof en die arbeid van julleliefde en dielydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, vooronse God en Vader,

4 omdat ons weet vanjulle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.

5 Want ons evangelie het tot jullenie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en involle versekerdheid, soosjulle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

6 En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julledie woord in baie verdrukking ontvang hetmet die blydskap van die Heilige Gees,

7 sodat jullevoorbeelde geword het vir al die gelowiges inMacedónië en Acháje.

8 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ookop elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.

9 Want hulle vertel self aangaande ons watteringang ons by julle gehad het en hoejulle jul van die afgodebekeer het tot God, omdie lewende en waaragtige God te dien

10 ensy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesuswat ons van die toekomstigetoorn verlos.

I THESSALONICENSE 2

Hoe Paulus sy bediening onder die Thessalonicense uitgeoefen het.

1 JULLE weet tog self, broeders, dat onsingang by julle nie tevergeefs was nie;

2 maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet,in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehadom aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.

3 Want ons vermaning was nie uit dwaling of uitonsuiwerheid of uit bedrog nie;

4 maar soosons deur God waardig geag is datdie evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nieom mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.

5 Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of metbedekte hebsug nie. God is getuie.

6 Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, alkon ons asapostels van Christus met gesag optree.

7 Maar ons was vriendelik onder julle soos ’n pleegmoeder haar kinders koester.

8 Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie,maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.

9 Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; wantterwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.

10 Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,

11 hoe ons, soos julle weet,net soos ’n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het

12 en betuig hetdat julle waardiglik moet wandel voor Godwat julle totsy koninkryk en heerlikheid roep.

13 Daarom dank ons God ooksonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem hetnie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.

14 Want julle, broeders, het navolgers geword vandie gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Judéa, omdatjulle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenotenet soos hulle van die Jode,

15 wat ook die Here Jesus en hulleeie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,

16 deurdat hulleons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word,sodat hulledie maat vanhulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.

Begeerte van Paulus om die Thessalonicense weer te sien. Sy blydskap en wense toe Timótheüs hom die berigte gebring het.

17 MAAR nadat ons, broeders, ’n kort tydjie van julle geskeie was —in persoon, nie met die hart nie — het ons met groot verlange ons des te meer beywerom julle aangesig te sien.

18 Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder.

19 Want wie anders as julle is ons hoop ofblydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christusby sy wederkoms?

20 Want julle is ons eer en blydskap.

I THESSALONICENSE 3

1 DAAROM, toe ons dit nie langer kon uithou nie,het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;

2 en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en onsmedewerker in die evangelie van Christus, gestuurom julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,

3 sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self datons hiervoor bestemd is.

4 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soosdit ook gebeur het en soos julle weet.

5 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het enons arbeid tevergeefs sou wees nie.

6 Maar noudat Timótheüs net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding vanjulle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd ’n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle —

7 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.

8 Want nou leef ons, as jullevasstaan in die Here.

9 Wantwatter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,

10 terwyl onsnag en dag baie ernstig bidom julle aangesig te sien ente voltooi wat aan julle geloof ontbreek?

11 Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;

12 en mag die Herejulle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,

13 sodat Hyjulle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vaderby die wederkoms van onse Here Jesus Christusmet al sy heiliges.

I THESSALONICENSE 4

Vermaninge tot heiligmaking, broederlike liefde en werksaamheid.

1 VERDER dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soosjulle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag,nog oorvloediger mag wees.

2 Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.

3 Want dit isdie wil van God: julleheiligmaking;dat julle jul moet onthou van die hoerery;

4 dat elkeen van julle moet weet om syeie vrou te verkry in heiligheid en eer,

5 nie inhartstogtelike begeerlikheidsoos die heidene wat God nie ken nie;

6 dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ’n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.

7 Want God het ons nie totonreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.

8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar Godwat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

9 Oordie broederliefdehet julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleerom mekaar lief te hê;

10 enjulle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedónië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees

11 en julle eer daarin te stelom rustig te lewe enjulle eie sake te behartig enmet julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,

12 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoordie wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.

Oor die opstanding uit die dode en die wederkoms van Christus.

13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking totdie ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die anderwat geen hoop het nie.

14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook sodie wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, datons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

16 Wantdie Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van’n aartsengel enmet geklank van die basuin van God; endie wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hullein wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en sosal ons altyd by die Here wees.

18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

I THESSALONICENSE 5

1 MAAR oordie tye en geleenthede, broeders, hetjulle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;

2 want julle weet self baie goed datdie dag van die Here kom netsoos ’n dief in die nag.

3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval’n skielike verderf hulle soos die barensnood ’n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

4 Maar julle, broeders,is nie in duisternis, datdie dag julle soos ’n dief sou oorval nie.

5 Julle is almalkinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

6 Laat ons dan nieslaap soos die ander nie, maar laat ons waak ennugter wees.

7 Want die wat slaap, slaap in die nag; endie wat dronk word, is in die nag dronk.

8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, metdie borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

9 Want God het ons nie bestemtot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Verskillende voorskrifte, wense en groete.

12 MAAR ons vra julle, broeders,erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;

13 en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk.Hou vrede onder mekaar.

14 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges,ondersteun die swakkes,wees lankmoedig teenoor almal.

15 Sorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

16 Wees altyddeur bly.

17 Bid sonder ophou.

18 Wees in alles dankbaar, want dit isdie wil van God in Christus Jesus oor julle.

19 Blus die Gees nie uit nie.

20 Verag dieprofesieë nie.

21 Beproef alle dinge; behou die goeie.

22 Onthou julle van elke vorm van kwaad.

23 En mag Hy, die God van die vrede,julle volkome heilig maak, en mag jullegees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar wordby die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

24 Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

25 Broeders, bid vir ons.

26 Groet die broeders almal met ’n heilige kus.

27 Ek besweer julle by die Here dathierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.

28 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

KOLOSSENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, endie broeder Timótheüs,

2 aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Geloof en liefde van die Kolossense. Gebed vir hulle geestelike welsyn. Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing, die Beeld van die onsigbare God, Skepper van alles, Hoof van die gemeente.

3 ONS dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,

4 omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,

5 vanweëdie hoop watvir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deurdie woord van die waarheid van die evangelie,

6 wat jullesowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het endie genade van God in waarheid leer ken het;

7 soos julle ook geleer het vanÉpafras, ons geliefde mededienskneg, wat ’n getroue dienaar van Christus vir julle is,

8 wat ook julleliefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.

9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,

10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandelomHomin alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,

11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,

12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig —

13 Hy wat ons verlos het uitdie mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed,naamlikdie vergifnis van die sondes.

15 Hy isdie Beeld vandie onsienlike God,die Eersgeborene van die hele skepping;

16 wantin Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel asheerskappye enowerhede en magte — alle dinge isdeur Hom en tot Hom geskape.

17 EnHy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

18 EnHy is die Hoof van die liggaam,naamlikdie gemeente; Hy wat die begin is,die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

19 Want dit hetdie Vaderbehaag datin Hom die gansevolheid sou woon

20 en dat Hy deur Hom allesmet Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis —ek sêdeur Hom — die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

21 Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen

22 in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;

23 as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring vandie hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel,waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het.

Arbeid en stryd van Paulus in sy bediening.

24 NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vulin my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christusvir sy liggaam, wat die gemeente is;

25 waarvan ek ’n dienaar geword het volgensdie bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul,

26 naamlikdie verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,

27 aan wie God wou bekend maak watdie rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle,die hoop van die heerlikheid.

28 Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;

29 waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.

KOLOSSENSE 2

1 WANT ek wil hê dat julle moet weet wat ’n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat inLaodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie,

2 dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom vandie volle versekerdheid van insig, omdie verborgenheid te leer ken vanGod en die Vader en van Christus,

3 in wie al die skatte vanwysheid en kennis verborge is.

Vermaning teen valse leringe.

4 DIT sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.

5 Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus.

6 Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,

7 gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.

8 Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgensdie oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

9 Want in Homwoon al dievolheid van die Godheid liggaamlik;

10 enjulle het die volheid in Homwat die Hoof is vanalle owerheid en mag;

11 in wie julle ook besny ismet ’n besnydenis wat nie met hande verrig word nie,deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

12 omdatjulle saam met Hom begrawe is in die doop, waarinjulle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

14 en die skuldbrief teen ons, wat met syinsettinge ons vyandig was,uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,

15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot’n fees ofnuwemaan of sabbat nie,

17 wat’n skaduwee is van die toekomstige dinge; maardie liggaam behoort aan Christus.

18 Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,

19 en nie vashou aandie Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.

20 As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het,waarom is julle, asof jullenogin die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge

21 soos:raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —

22 almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan — volgens die gebooie en leringe van mense,

23 wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, ineiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.