I THESSALONICENSE 2

Hoe Paulus sy bediening onder die Thessalonicense uitgeoefen het.

1 JULLE weet tog self, broeders, dat onsingang by julle nie tevergeefs was nie;

2 maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet,in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehadom aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.

3 Want ons vermaning was nie uit dwaling of uitonsuiwerheid of uit bedrog nie;

4 maar soosons deur God waardig geag is datdie evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nieom mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.

5 Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of metbedekte hebsug nie. God is getuie.

6 Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, alkon ons asapostels van Christus met gesag optree.

7 Maar ons was vriendelik onder julle soos ’n pleegmoeder haar kinders koester.

8 Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie,maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.

9 Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; wantterwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.

10 Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,

11 hoe ons, soos julle weet,net soos ’n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het

12 en betuig hetdat julle waardiglik moet wandel voor Godwat julle totsy koninkryk en heerlikheid roep.

13 Daarom dank ons God ooksonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem hetnie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.

14 Want julle, broeders, het navolgers geword vandie gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Judéa, omdatjulle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenotenet soos hulle van die Jode,

15 wat ook die Here Jesus en hulleeie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,

16 deurdat hulleons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word,sodat hulledie maat vanhulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.

Begeerte van Paulus om die Thessalonicense weer te sien. Sy blydskap en wense toe Timótheüs hom die berigte gebring het.

17 MAAR nadat ons, broeders, ’n kort tydjie van julle geskeie was —in persoon, nie met die hart nie — het ons met groot verlange ons des te meer beywerom julle aangesig te sien.

18 Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder.

19 Want wie anders as julle is ons hoop ofblydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christusby sy wederkoms?

20 Want julle is ons eer en blydskap.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 + 19 =