KOLOSSENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, endie broeder Timótheüs,

2 aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Geloof en liefde van die Kolossense. Gebed vir hulle geestelike welsyn. Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing, die Beeld van die onsigbare God, Skepper van alles, Hoof van die gemeente.

3 ONS dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,

4 omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,

5 vanweëdie hoop watvir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deurdie woord van die waarheid van die evangelie,

6 wat jullesowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het endie genade van God in waarheid leer ken het;

7 soos julle ook geleer het vanÉpafras, ons geliefde mededienskneg, wat ’n getroue dienaar van Christus vir julle is,

8 wat ook julleliefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.

9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,

10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandelomHomin alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,

11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,

12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig —

13 Hy wat ons verlos het uitdie mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed,naamlikdie vergifnis van die sondes.

15 Hy isdie Beeld vandie onsienlike God,die Eersgeborene van die hele skepping;

16 wantin Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel asheerskappye enowerhede en magte — alle dinge isdeur Hom en tot Hom geskape.

17 EnHy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

18 EnHy is die Hoof van die liggaam,naamlikdie gemeente; Hy wat die begin is,die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

19 Want dit hetdie Vaderbehaag datin Hom die gansevolheid sou woon

20 en dat Hy deur Hom allesmet Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis —ek sêdeur Hom — die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

21 Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen

22 in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;

23 as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring vandie hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel,waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het.

Arbeid en stryd van Paulus in sy bediening.

24 NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vulin my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christusvir sy liggaam, wat die gemeente is;

25 waarvan ek ’n dienaar geword het volgensdie bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul,

26 naamlikdie verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,

27 aan wie God wou bekend maak watdie rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle,die hoop van die heerlikheid.

28 Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;

29 waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 3 =