II THESSALONICENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:

2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Die vooruitgang en standvastigheid van die gemeente in geloof en liefde nieteenstaande die vervolginge.

3 ONS moetGod altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,

4 sodat ons self indie gemeentes van Godoor julle roem vanweë jul volharding en geloof onderal julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur —

5 ’n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van Godwaardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;

6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,

7 en aan julle wat verdruk word,verligtingte geesaam met ons indie openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

9 Hulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf,weg van die aangesig van die Here envan die heerlikheid van sy sterkte,

10 wanneer Hy komom verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo,in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

11 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, enallewerk van die geloof met krag volkome mag maak,

12 sodat die Naam van onse Here Jesus Christusin julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen + eight =