II THESSALONICENSE 2

Die wederkoms van Christus sal voorafgegaan word deur die openbaring van die Antichris.

1 MAAR ons vra julle, broeders,met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus enons vereniging met Hom,

2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie —deur gees ofdeur woord ofdeur brief wat van ons afkomstig sou wees —asof die dag van Christus al daar is.

3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, wanteers moet die afval kom endie mens van sonde geopenbaar word, dieseun van die verderf,

4 die teëstander wat hom verhef bo alwat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6 En nou, julle weet wathomteëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

7 Wantdie verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word,hy wat die Heremet die asem van sy mond sal verdelg en deurdie verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

9 hy wie se koms isvolgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade entekens en wonders van die leuen

10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid indie wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

11 En daaromsal God hulle die krag van die dwaling stuur, omdie leuen te glo,

12 sodat almal geoordeel kan wordwat die waarheid nie geglo het nie, maarbehae gehad het in die ongeregtigheid.

13 Maarons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God jullevan die begin af verkies het tot saligheidin heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,

14 waartoeHy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.

15 So dan, broeders, staan vas en hou julle aandie voorskrifte wat julle geleer is òfdeur ’n woord òf deur ’n brief van ons.

16 En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader,wat ons liefgehad het en ’n ewige troos engoeie hoop in genade gegee het,

17 julle harte vertroos enjulle versterk in alle goeie woorde en werke!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty + sixteen =