I THESSALONICENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS enSilvánus enTimótheüs aan die gemeente van dieThessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is:Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Vrug van die evangelie in Thessaloníka, en die getrouheid van die gemeente daar.

2 ONS dank God altyd oor julle almal as ons aan julledink in ons gebede

3 en onophoudelik in gedagte hou die werk van jullegeloof en die arbeid van julleliefde en dielydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, vooronse God en Vader,

4 omdat ons weet vanjulle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.

5 Want ons evangelie het tot jullenie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en involle versekerdheid, soosjulle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

6 En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julledie woord in baie verdrukking ontvang hetmet die blydskap van die Heilige Gees,

7 sodat jullevoorbeelde geword het vir al die gelowiges inMacedónië en Acháje.

8 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ookop elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.

9 Want hulle vertel self aangaande ons watteringang ons by julle gehad het en hoejulle jul van die afgodebekeer het tot God, omdie lewende en waaragtige God te dien

10 ensy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesuswat ons van die toekomstigetoorn verlos.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

sixteen − 14 =