I THESSALONICENSE 4

Vermaninge tot heiligmaking, broederlike liefde en werksaamheid.

1 VERDER dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soosjulle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag,nog oorvloediger mag wees.

2 Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.

3 Want dit isdie wil van God: julleheiligmaking;dat julle jul moet onthou van die hoerery;

4 dat elkeen van julle moet weet om syeie vrou te verkry in heiligheid en eer,

5 nie inhartstogtelike begeerlikheidsoos die heidene wat God nie ken nie;

6 dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ’n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.

7 Want God het ons nie totonreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.

8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar Godwat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

9 Oordie broederliefdehet julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleerom mekaar lief te hê;

10 enjulle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedónië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees

11 en julle eer daarin te stelom rustig te lewe enjulle eie sake te behartig enmet julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,

12 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoordie wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.

Oor die opstanding uit die dode en die wederkoms van Christus.

13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking totdie ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die anderwat geen hoop het nie.

14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook sodie wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, datons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

16 Wantdie Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van’n aartsengel enmet geklank van die basuin van God; endie wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hullein wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en sosal ons altyd by die Here wees.

18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × one =