I THESSALONICENSE 3

1 DAAROM, toe ons dit nie langer kon uithou nie,het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;

2 en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en onsmedewerker in die evangelie van Christus, gestuurom julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,

3 sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self datons hiervoor bestemd is.

4 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soosdit ook gebeur het en soos julle weet.

5 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het enons arbeid tevergeefs sou wees nie.

6 Maar noudat Timótheüs net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding vanjulle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd ’n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle —

7 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.

8 Want nou leef ons, as jullevasstaan in die Here.

9 Wantwatter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,

10 terwyl onsnag en dag baie ernstig bidom julle aangesig te sien ente voltooi wat aan julle geloof ontbreek?

11 Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;

12 en mag die Herejulle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,

13 sodat Hyjulle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vaderby die wederkoms van onse Here Jesus Christusmet al sy heiliges.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five − 2 =