HEBREËRS 8

Die ou verbond is ’n voorbeeld en is verbygaande. Christus is die Middelaar van ’n beter en ewige verbond.

1 DIE hoofsaak nou van wat ons gesê het, isdít:Ons het so’n Hoëpriesterwat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,

2 ’n Bedienaar vandie heilige dinge en vandie ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ’n mens nie.

3 Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ookiets hê om te offer.

4 Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,

5 hulle wat ’n afbeeldsel enskaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ’n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê:Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.

6 Maar nou het Hy’n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ookMiddelaar is van ’nbeter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.

7 Wantas daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ’n tweede gesoek word nie.

8 Want Hy berispe hulle en sê:Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond tot stand sal bring,

9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.

10 Wantdit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

11 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.

12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

13 As Hy sê ’n nuweverbond,het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, isnaby die verdwyning.

HEBREËRS 9

Die offers van die ou verbond moes gedurig herhaal word, omdat hulle onvolmaak was. Die offer van Christus het een maal plaasgevind en was heeltemal voldoende.

1 SO het dan die eersteverbondsowel verordeninge vir die erediens asook sy aardseheiligdom gehad.

2 Wantdie tabernakel is so ingerig: die eerste,waarindie kandelaar was endie tafel endie toonbrode, wat die Heilige genoem word;

3 enagter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste,

4 waarin ’n gouewierookbak was endie ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarindie goue kruik met die manna was endie staf van Aäron wat gebloei het, endie tafels van die verbond;

5 endaar bo-op die gérubs van die heerlikheid watdie versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.

6 En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters welgedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,

7 maarin die tweede die hoëpriester alleen,een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan —

8 waarmeedie Heilige Gees dít duidelik maak, datdie weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.

9 Dit was’n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word,wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie,

10 omdat dit net bestaan het inspys en drank en verskillende wassinge envleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.

11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester vandie toekomstige weldade, het deurdie groter en volmaakter tabernakel wat niemet hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,

12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar metsy eie bloed,een maal ingegaan indie heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring.

13 Want asdie bloed van stiere en bokke endie as van ’n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,

14 hoeveel te meersal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het,julle gewete reinigvan dooie werke om die lewende God te dien.

15 En daarom is HyMiddelaar van ’nnuwe testament, sodat, terwyl daar ’n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament,die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.

16 Want waar ’n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;

17 want ’n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.

18 Daarom is ook die eerstetestamentnie sonder bloed ingewy nie;

19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is,het hy die bloed vandie kalwers en bokke saammet water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel

20 en gesê:Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.

21 En hy hetook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloedbesprinkel.

22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, ensonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

23 Dit was dus nodig datdie afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdieoffersgereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.

24 Want Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom met hande gemaak, ’n teëbeeld vandie ware nie, maarin die hemel self om nou voor die aangesig van God virons te verskyn;

25 ook nie om Homself dikwels te offer, soosdie hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie,

26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hyeen maal in die voleinding van die eeueverskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.

27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,

28 so salChristus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes vanbaie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aandie wat Hom verwag tot saligheid.

HEBREËRS 10

1 WANT die wet, wat’n skaduwee hetvan die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooitdeur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.

2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.

3 Maarin diéoffersis daarjaar na jaar ’nherinnering aan die sondes;

4 wantdie bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.

5 Daarom sê Hy,as Hy in die wêreld inkom:Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My’n liggaam berei.

6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van My geskrywe — om u wil te doen, o God.

8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie — wat volgens die wet geoffer word —

9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.

10 Deur hierdie wilis ons geheilig deur die offer vandie liggaam van Jesus Christus,net een maal.

11 En elke priester staan weldag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;

12 maar Hy het,nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het,vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

13 en wag nou verdertotdat sy vyande gemaak is ’n voetbank van sy voete.

14 Want deur een offer hetHy vir altyd volmaak diewat geheilig word.

15 En ookdie Heilige Gees gee aan ons getuienis;

16 want nadat Hy tevore gesê het:Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Hereverder:Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,

17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

Vermaning om in die geloof te volhard.

19 TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om indie heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus

20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deurdie voorhangsel heen, dit is sy vlees,

21 en ons’n groot Priester oordie huis van God het,

22 laat ons toetree met ’n waaragtige hart involle geloofsversekerdheid,die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en die liggaamgewas met rein water.

23 Laat onsdie belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, wantHy wat dit beloof het, is getrou;

24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

25 en laatons ons onderlinge byeenkoms nie versuimsoos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julledie dag sien nader kom.

26 Wantas ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het,bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,

27 maar ’n verskriklike verwagting van oordeel en ’n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.

28 As iemand die wet van Moses verwerp het,sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;

29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien watdie Seun van Godvertrap het endie bloed vandie testament waardeur hygeheilig is, onrein geag endie Gees van genade gesmaad het?

30 Want ons ken Hom wat gesê het:My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer:Die Here sal sy volk oordeel.

31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.

32 Maaronthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ’n groot lydensworsteling deurstaan het,

33 gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge ’n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so ’n toestand verkeer het.

34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, enjulle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ’n beter enblywende besitting in die hemele het.

35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat ’n groot beloning het, nie weg nie.

36 Wantjulle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het,die belofte te verkry.

37 Wantnog ’n klein tydjie, enHy wat kom, sal kom en nie versuim nie.

38 Maardie regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

39 Maar by ons is daar geenonttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.

HEBREËRS 11

Die aard van die geloof; voorbeelde uit die Ou Testament.

1 DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys vandie dinge wat ons nie sien nie.

2 Want daardeurhet die mense van die ou tyd getuienisontvang.

3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deurdie woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word,nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

4 Deur die geloof hetAbel ’n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfdegeloofspreek hy nog nadat hy dood is.

5 Deur die geloof isHenog weggeneem om die dood nie te sien nie; enhy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

6 En sonder geloof is dit onmoontlik omGodte behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.

7 Deur die geloof hetNoag, toe hy ’n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaaktot redding van sy huisgesin, waardeurhy die wêreld veroordeel het en ’n erfgenaam geword het vandie geregtigheid wat volgens die geloof is.

8 Deur die geloof hetAbraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.

9 Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ’n vreemde land enin tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.

10 Want hy hetdie stad verwag wat fondamente het,waarvan God die boumeester en oprigter is.

11 Deur die geloof hetSara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar,omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.

12 Daarom is daar ook gebore uit eenvader,endit ’n verstorwene,kinderssoos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.

13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dituit die verte gesien en geglo en begroet, enhet bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.

14 Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ’n vaderland soek.

15 En as hulle bly dink het aan diévaderlandwaaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.

16 Maar nou verlang hulle na ’n beter een, dit is ’n hemelse. Daaromskaam God Hom nievir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle’n stad berei.

17 Deur die geloof hetAbraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,

18 aan wie gesê is:In Isak sal jou nageslag genoem word — want hy het gerekendat God mag het om selfs uit die dode op te wek;

19 daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.

20 Deur die geloof hetIsak vir Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms.

21 Deur die geloof hetJakob op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën; en hy het aanbidterwyl hy leunop die knop van sy staf.

22 Deur die geloof hetJosef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee aangaande sy gebeente.

23 Deur die geloof isMoses ná sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie.

24 Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier omdie seun van Farao se dogter genoem te word,

25 omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ’n tyd lank die genot van die sonde te hê,

26 endie smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.

27 Deur die geloof hethy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehousoos een wat die Onsienlike sien.

28 Deur die geloof hethy die pasga gehou endie besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle eersgeborenes nie sou aanraak nie.

29 Deur die geloofhet hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.

30 Deur die geloof hetdie mure van Jérigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was.

31 Deur die geloof hetRagab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

32 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek vanGídeon,Barak enSimson enJefta,Dawid enSamuel en die profete sou verhaal,

33 wat deur die geloof koninkrykeoorweldig het, geregtigheid uitgeoefen,beloftes verkry,bekke van leeus toegestop,

34 die krag van vuur uitgeblus,die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog,leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.

35 Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ’n beter opstanding te kan verkry.

36 Ander weer het die proef van bespottinge en géselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.

37 Hulle isgestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloopin skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel —

38 die wêreld was hulle nie werd nie — hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.

39 En alhoewel hulle almaldeur die geloof getuienis ontvang het,het hulle die belofte nie verkry nie,

40 omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder onsvolmaak sou word nie.

HEBREËRS 12

Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus.

1 DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê endie sonde wat ons so maklik omring,en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman enVoleinder van die geloof,wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het enaan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

3 Wantjulle moet ag gee op Hom wat so ’nteëspraak van die sondaars teen Homverdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

4 Julle het nog nieten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

5 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek:My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;

6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

7 As julle die tugtiging verdra,behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

8 Maar as julle sonder tugtiging is,wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aandie Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?

10 Want húlle het ons wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil,sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.

11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’nvredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

12 Daarom,rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;

13 enmaak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maarliewer gesond gemaak word.

14 Jaag die vrede na met almal, endie heiligmakingwaarsonder niemand die Here sal sien nie;

15 en pas op datniemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

16 Laat niemand ’nhoereerderwees nie, of ’n onheilige soos Esau, watvir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het.

17 Want julle weet dat hy,toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.

18 Want julle het nie gekom by’n tasbare berg nie en ’n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm

19 enbasuingeklank en die geluid van woorde waarby diehoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie —

20 want hulle kon die gebod nie verdra nie:selfs as ’n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ’n pyl neergeskiet word.

21 En Moses,so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

22 Maar julle het gekom bydie berg Sion endie stad van die lewende God, diehemelse Jerusalem en tienduisende engele,

23 by die feestelike vergadering endie gemeente vaneersgeboreneswat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,

24 en by Jesus,die Middelaar van die nuwe testament, endie bloed van die besprenkeling wat vanbeter dinge spreek as Abel.

25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; wantas húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toeHy op aarde ’n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek.

26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê:Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.

27 En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly.

28 Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

29 Want onseGod is ’nverterende vuur.

HEBREËRS 13

Verskillende voorskrifte.

1 DIE broederliefde moet bly.

2 Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur hetsommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

3 Dink aan die gevangenesasof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ’n liggaam het.

4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; wantGod sal hoereerders en egbrekers oordeel.

5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees.Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê:Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê:Die Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?

7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hullelewenswandel en volg hulle geloof na.

8 Jesus Christus isgister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

9 Moenierondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade,nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.

10 Ons het ’n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;

11 wantdie diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word — hulle liggame word buitekant die laer verbrand.

12 Daarom het Jesus ook,om die volk deur sy eie bloed te heilig,buitekant die poort gely.

13 Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer ensy smaad dra.

14 Wantons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.

15 Laatons dan gedurig deur Homaan God ’n lofoffer bring,dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.

16 Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, wantGod het ’n welbehae aan sulke offers.

17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene watrekenskap moet gee,sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

18 Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons ’n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.

19 Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word.

Heilwense en groete.

20 MAGdie God van die vrede, wat die grootHerder van die skape,naamlikonse Here Jesus Christus, deurdie bloed van die ewige testament uit die dodeteruggebring het,

21 julle volmaak in elke goeie werk,om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christusaan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

22 En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.

23 Julle moet weet datdie broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.

24 Groet al jullevoorgangers enal die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.

25 Die genade sy met julle almal! Amen.

FILÉMON 1

Opskrif, seëngroet en danksegging.

1 PAULUS, ’ngevangene van Christus Jesus, en die broederTimótheüs, aan Filémon, die geliefde en onsmede-arbeider,

2 en aan Áppia, die geliefde suster, en aanArchíppus, ons medestryder, en aandie gemeente wat in jou huis is:

3 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

4 Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,

5 omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,

6 dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag worddeur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.

7 Wantons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, dieharte van die heiligesverkwik is.

Paulus pleit vir die bekeerde slaaf, Onésimus, wat van sy heer weggeloop het.

8 DAAROM,al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,

9 pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as ’n ou man en nou ook’n gevangene van Jesus Christus,

10 pleit by jou vir my kind,Onésimus,wat ek verwek het in my boeie,

11 wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;

12 maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan.

13 Ek wou hom by my hou, sodat hy my indie boeie van die evangelie in jou plek kan dien.

14 Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.

15 Want miskien is hy om hierdie rede ’n tydjievan jougeskei, dat jy hom vir altyd kan besit,

16 nie meer as ’n slaaf nie, maar méér as ’n slaaf, as’n geliefde broederin die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.

17 As jy my dan vir’n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.

18 En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op mý rekening —

19 ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal — om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby jou eie persoon ook aan my verskuldig.

20 Ja, broeder, mag ek tog van jou voordeel trek in die Here!Verkwik my hart in die Here.

21 In vertroue op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.

Persoonlike mededeling. Groete en heilwense.

22 EN berei tegelykertyd ook herberg vir my, want ek hoop dat ekop julle gebede aan julle sal geskenk word.

23 Épafras, my medegevangene in Christus Jesus,groet jou;

24 ookMarkus,Aristárchus,Demas enLukas, my mede-arbeiders.

25 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.

TITUS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van dieuitverkorenes van God endie kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,

2 in die hoop van die ewige lewe wat God,wat nie kan lieg nie, vanewigheid af beloof het,

3 enop die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is,ooreenkomstig die gebod vanGod, ons Verlosser — aanTitus,myware kind volgens die gemeenskaplike geloof:

4 Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!

Titus word belas met die bestuur van die gemeente van Kreta en met die bestryding van die valse leraars.

5 OM hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stadouderlingesou aanstel soos ek jou beveel het —

6 as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.

7 Want ’n opsiener moet as ’nrentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;

8 maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;

9 een wat vashou aandie betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.

10 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral diewat uit die besnydenis is;

11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie,ter wille van vuil wins.

12 Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.

13 Hierdie getuienis is waar. Daarommoet jy hulle skerp bestraf, sodathulle gesond in die geloof kan wees,

14 enhulle nie besig hou metJoodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.

15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulleverstand sowel as hulle gewete is besoedel.

16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulleverloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

TITUS 2

Hoe Titus ou manne, vroue, jong manne en diensknegte moet vermaan. Hy self moet ’n voorbeeld vir almal wees.

1 MAAR spreek jy wat bydie gesonde leer pas.

2 Die ou manne moet nugter wees,waardig, ingetoë,gesond in diegeloof, in die liefde, in die lydsaamheid.

3 Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,

4 sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,

5 ingetoë te wees, kuis,huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat diewoord van God nie belaster word nie.

6 Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.

7 Betoon jou in alles ’n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.

8 Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees,sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.

9 Diediensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie;

10 hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulledie leer vanGod, ons Verlosser, in alles kan versier.

Die reddende genade het aan almal verskyn. Wat dit beteken.

11 WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

12 en leer ons om die goddeloosheid enwêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

13 terwyl ons die saligehoop en dieverskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,

14 wat Homself vir ons gegee hetom ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as syeiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns.Laat niemand jou verag nie.

TITUS 3

1 HERINNER hulle daaraanom onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;

2 om niemand te belaster nie,nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mensealle sagmoedigheid te bewys.

3 Wantons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.

4 Maar toedie goedertierenheid vanGod, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het —

5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maarna sy barmhartigheid het Hy ons gered deurdie bad vandie wedergeboorte endie vernuwing deurdie Heilige Gees

6 wat Hyryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;

7 sodatons, geregverdig deur sy genade,erfgename kan word ooreenkomstigdie hoop van die ewige lewe.

8 Dit is ’n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.

9 Maarvermy dwase strydvrae engeslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.

10 Aan ’n man watpartyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,

11 wetende dat so iemand op ’n verkeerde pad is en sonde doen enselfveroordeeld staan.

Besondere aanbevelinge, groete en heilwense.

12 WANNEER ek Ártemas ofTíchikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikópolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.

13 Jy moet Senas,die wetgeleerde, enApollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie.

14 Ons mense moet ook leer omvir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.

15 Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet in die geloof. Die genade sy met julle almal! Amen.