TITUS 2

Hoe Titus ou manne, vroue, jong manne en diensknegte moet vermaan. Hy self moet ’n voorbeeld vir almal wees.

1 MAAR spreek jy wat bydie gesonde leer pas.

2 Die ou manne moet nugter wees,waardig, ingetoë,gesond in diegeloof, in die liefde, in die lydsaamheid.

3 Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,

4 sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,

5 ingetoë te wees, kuis,huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat diewoord van God nie belaster word nie.

6 Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.

7 Betoon jou in alles ’n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.

8 Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees,sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.

9 Diediensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie;

10 hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulledie leer vanGod, ons Verlosser, in alles kan versier.

Die reddende genade het aan almal verskyn. Wat dit beteken.

11 WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

12 en leer ons om die goddeloosheid enwêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

13 terwyl ons die saligehoop en dieverskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,

14 wat Homself vir ons gegee hetom ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as syeiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns.Laat niemand jou verag nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty − 14 =