HEBREËRS 13

Verskillende voorskrifte.

1 DIE broederliefde moet bly.

2 Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur hetsommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

3 Dink aan die gevangenesasof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ’n liggaam het.

4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; wantGod sal hoereerders en egbrekers oordeel.

5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees.Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê:Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê:Die Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?

7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hullelewenswandel en volg hulle geloof na.

8 Jesus Christus isgister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

9 Moenierondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade,nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.

10 Ons het ’n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;

11 wantdie diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word — hulle liggame word buitekant die laer verbrand.

12 Daarom het Jesus ook,om die volk deur sy eie bloed te heilig,buitekant die poort gely.

13 Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer ensy smaad dra.

14 Wantons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.

15 Laatons dan gedurig deur Homaan God ’n lofoffer bring,dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.

16 Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, wantGod het ’n welbehae aan sulke offers.

17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene watrekenskap moet gee,sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

18 Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons ’n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.

19 Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word.

Heilwense en groete.

20 MAGdie God van die vrede, wat die grootHerder van die skape,naamlikonse Here Jesus Christus, deurdie bloed van die ewige testament uit die dodeteruggebring het,

21 julle volmaak in elke goeie werk,om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christusaan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

22 En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.

23 Julle moet weet datdie broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.

24 Groet al jullevoorgangers enal die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.

25 Die genade sy met julle almal! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen − one =