TITUS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van dieuitverkorenes van God endie kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,

2 in die hoop van die ewige lewe wat God,wat nie kan lieg nie, vanewigheid af beloof het,

3 enop die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is,ooreenkomstig die gebod vanGod, ons Verlosser — aanTitus,myware kind volgens die gemeenskaplike geloof:

4 Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!

Titus word belas met die bestuur van die gemeente van Kreta en met die bestryding van die valse leraars.

5 OM hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stadouderlingesou aanstel soos ek jou beveel het —

6 as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.

7 Want ’n opsiener moet as ’nrentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;

8 maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;

9 een wat vashou aandie betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.

10 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral diewat uit die besnydenis is;

11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie,ter wille van vuil wins.

12 Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.

13 Hierdie getuienis is waar. Daarommoet jy hulle skerp bestraf, sodathulle gesond in die geloof kan wees,

14 enhulle nie besig hou metJoodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.

15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulleverstand sowel as hulle gewete is besoedel.

16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulleverloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × 3 =