FILÉMON 1

Opskrif, seëngroet en danksegging.

1 PAULUS, ’ngevangene van Christus Jesus, en die broederTimótheüs, aan Filémon, die geliefde en onsmede-arbeider,

2 en aan Áppia, die geliefde suster, en aanArchíppus, ons medestryder, en aandie gemeente wat in jou huis is:

3 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

4 Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,

5 omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,

6 dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag worddeur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.

7 Wantons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, dieharte van die heiligesverkwik is.

Paulus pleit vir die bekeerde slaaf, Onésimus, wat van sy heer weggeloop het.

8 DAAROM,al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,

9 pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as ’n ou man en nou ook’n gevangene van Jesus Christus,

10 pleit by jou vir my kind,Onésimus,wat ek verwek het in my boeie,

11 wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;

12 maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan.

13 Ek wou hom by my hou, sodat hy my indie boeie van die evangelie in jou plek kan dien.

14 Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.

15 Want miskien is hy om hierdie rede ’n tydjievan jougeskei, dat jy hom vir altyd kan besit,

16 nie meer as ’n slaaf nie, maar méér as ’n slaaf, as’n geliefde broederin die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.

17 As jy my dan vir’n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.

18 En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op mý rekening —

19 ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal — om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby jou eie persoon ook aan my verskuldig.

20 Ja, broeder, mag ek tog van jou voordeel trek in die Here!Verkwik my hart in die Here.

21 In vertroue op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.

Persoonlike mededeling. Groete en heilwense.

22 EN berei tegelykertyd ook herberg vir my, want ek hoop dat ekop julle gebede aan julle sal geskenk word.

23 Épafras, my medegevangene in Christus Jesus,groet jou;

24 ookMarkus,Aristárchus,Demas enLukas, my mede-arbeiders.

25 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × three =