HEBREËRS 7

Die priesterskap van Melgisédek ’n tipe van die ewige priesterskap van Christus.

1 WANT hierdieMelgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;

2 aan wie Abraham ook ’n tiende deel van alles gegee het — hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;

3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan dieSeun van God, bly hy priesteraltyddeur.

4 Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ’n tiende van die buit gegee het.

5 Nou hethulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ’n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;

6 maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneemen die besitter van die beloftes geseën.

7 Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.

8 En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een vanwie getuig word dat hy lewe.

9 En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;

10 want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.

11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want met die oog daarop het die volk die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat ’n ander priester moes opstaanvolgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?

12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

13 omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ’n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.

14 Want dit is volkome duidelik dat onse Here uitJuda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.

15 En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,

16 een wat dit geword het nie kragtens die wet van’n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.

17 Want Hy getuig:U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

18 Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weensdie swakheid en nutteloosheid daarvan,

19 omdatdie wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ’n beter hoop waardeurons tot God nader.

20 En vir sover dit nie sonder eedswering was nie — want húlle het sonder eedswering priesters geword,

21 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het:Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek —

22 in sover het Jesus van’n beter verbond borg geword.

23 En hulle het wel priesters geword in ’n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;

24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ’n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.

25 Daarom kan Hy ook volkome red diewat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leefom vir hulle in te tree.

26 Want so’n hoëpriester was vir ons gepas, een watheilig, onskuldig, onbesmet,afgeskeie van die sondaars is, en wathoër as die hemele geword het;

27 wat nieelke dag nodig het, soos die hoëpriesters, omeers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Wantdit het Hy neteen maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.

28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mensemet swakhede, maar die woordvan die eedswering wat ná die wet gekom het,steldie Seunaan,wat vir ewig volmaak is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − 9 =