JAKOBUS 5

Veroordeling van die onbarmhartige rykes.

1 KOM nou, jullerykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.

2 Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.

3 Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ’n getuienis teen julle wees en sal soos ’n vuur julle vlees verteer.Julle het skatte vergaderin die laaste dae.

4 Kyk,die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; endie geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here vandie leërskare.

5 Julle het op die aarde ’n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op’n slagdag.

6 Veroordeel,vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.

Vermaning om geduldig te wees. Die eed. Die gebed. Die bekering.

7 WEES dan geduldig, broeders,tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat ditdie vroeë en die laat reën ontvang het.

8 Julle moet ook geduldig wees;versterk julle harte,want die wederkoms van die Here is naby.

9 Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, dieRegter staan voor die deur.

10 Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van gedulddie profete wat in die Naam van die Here gespreek het.

11 Kyk,ons reken hulle geluksaligwat verdra. Julle het gehoor vandie lydsaamheid van Job, en julle hetdie einddoel van die Heremet homgesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.

12 Maar bo alles, my broeders,moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ’n oordeel val nie.

13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd?Laat hom psalmsing.

14 Is daar iemand siek onder julle? Laat homdie ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Heremet olie gesalf het.

15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfsas hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.

17 Elía was ’n mens net soos ons, enhy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;

18 enhy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

19 Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het eniemand hom bekeer,

20 laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ’n siel uit die dood sal red en’n menigte sondes sal bedek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × four =