HEBREËRS 4

1 LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julleagtergebly het nie.

2 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soosaan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het:Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie — alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek:En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

5 en nou hier weer:Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, endiegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nieingegaan het nie,

7 bepaal Hy weer ’n sekere dag,naamlikvandag, as Hy soveel laterdeur Dawid spreek, soos gesê is:Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.

9 Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God;

10 wantwie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemandin dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

12 Wantdie woord van God islewend en kragtig enskerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding vansiel en gees en van gewrigte en murg, en is’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

Christus oortref die hoëpriesters van die ou verbond.

14 TERWYL ons dan ’n grootHoëpriester het watdeur die hemele deurgegaan het,naamlikJesus, die Seun van God,laat ons diebelydenisvashou.

15 Wantons het nie ’nhoëpriesterwat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een watin alle opsigte versoek is net soos ons,maarsonder sonde.

16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − 8 =