HEBREËRS 1

Voortreflikheid van Christus bo die engele.

1 NADAT God baiekeer enop baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hyin hierdie laaste dae tot ons gespreek deurdie Seun

2 wat Hy aserfgenaam van alles aangestel het,deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

3 Hy, wat die afskynsel isvan sy heerlikheid endie afdruksel van sy wese enalle dinge dra deur die woord van sy krag,nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het,het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,

4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy’n voortrefliker naam geërf het as hulle.

5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê:U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer:Ek sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees?

6 En wanneer Hy weerdie Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.

7 En van die engele sê Hy wel:Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;

8 maar van die Seun:U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer;

9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God Ugesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;

10 en:U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ’n kleed verslyt,

12 en soos ’n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê:Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?

14 Is hulle nie almal dienende geeste watvir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × 5 =