HEBREËRS 2

Christus, as Seun van die mens bo die engele, is Hoëpriester en kan medelye met ons swakhede hê.

1 DAAROM moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.

2 Want as die woorddeur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het,

3 hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid veronagsaam wat,nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig isdeur die wat dit gehoor het,

4 terwyl God ook nog saam getuig het deurtekens en wonders en allerhandekragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

5 Wantaan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;

6 maar iemand het êrens getuig en gesê:Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?

7 U het hom ’n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.

8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maarnou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;

9 maar ons sien Hom,naamlikJesus,wat vir ’n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eergekroon, sodat Hy deur die genade van Godvir elkeendie dood sou smaak.

10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge endeur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, omdie bewerker van hulle saligheid deurlyde tevolmaak.

11 WantHy wat heilig maak, sowel ashulle wat geheilig word,is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hullebroeders te noem nie,

12 wanneer Hy sê:Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;

13 en verder:Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder:Hier is Ek en die kinderswat God My gegee het.

14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is,het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die doodhom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel —

15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uitvrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.

17 Daarommoes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy’n barmhartige en getroue hoëpriester kon weesin die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − eleven =