I KORINTHIËRS 10

Laat ons God nie versoek soos Israel gedoen het nie.

1 WANT ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onderdie wolk was en almal deurdie see deurgegaan het,

2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,

3 en almal dieselfdegeestelike spys geëet het,

4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’ngeestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

5 Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, wanthulle is neergeslaan in die woestyn.

6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge sooshulle begerig was nie.

7 En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is:Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.

8 En laat onsnie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dagdrie-en-twintigduisend geval.

9 En laat ons Christus nie versoeksoos ook sommige van hulle gedoen het nie, enhulle het deur die slange omgekom.

10 En moenie murmureersoos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, enhulle het deur die verderwer omgekom.

11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskryweas ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

12 Daarom,wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maarGod is getrou,wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Die afgodery, gemeenskap met duiwels.

14 DAAROM, my geliefdes,vlug vir die afgodediens.

15 Ek spreek soosmet verstandige mense; oordeel self wat ek sê:

16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie?Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

17 Omdat dit een brood is, is ons almaleen liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

18 Let op Israelna die vlees:het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?

19 Wat sê ek dan?Dat ’n afgod iets is, of dat ’n afgodsoffer iets is?

20 Nee, maar dat die heidene wat dit offer,aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.

21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

22 Of wil onsdie ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

Die Christelike vryheid; die liefde.

23 ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ’n ander.

25 Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen,ter wille van die gewete.

26 Wantdie aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.

27 En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen,ter wille van die gewete.

28 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer — moet dit dan nie eet nie,ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete — wantdie aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan —

29 ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom wordmy vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?

30 En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belasteroor iets waarvoor ek dank?

31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

32 Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of virdie gemeente van God nie;

33 net soosek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hullegered kan word.

I KORINTHIËRS 11

1 WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.

Oor die gedrag van die vrou in die gemeente.

2 ENek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink enaan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.

3 Maar ek wil hê dat julle moet weetdat Christus die hoof is van elke man, endie man die hoof van die vrou, enGod die hoof van Christus.

4 Elke man wat bid ofprofeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan;

5 maar elke vrou wat bid ofprofeteer met onbedekte hoof,doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.

6 Want as ’n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ’n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.

7 Want ’n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hydie beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.

8 Want die man is nie uit die vrou nie, maardie vrou uit die man.

9 Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maardie vrou ter wille van die man.

10 Daarom moet die vrou ’naanduiding vangesag op die hoof hê ter wille vandie engele.

11 En tog,in die Hereis die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.

12 Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.

13 Oordeel self: Is dit betaamlik dat ’n vrou met onbedekte hoof tot God bid?

14 Of leer ook die natuur self julle nie dat as ’n man lang hare dra, dit vir hom ’n oneer is nie;

15 maar as ’n vrou lang hare dra, dit vir haar ’n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as ’n bedekking?

16 Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so ’n gewoonte nie, en ookdie gemeentes van God nie.

Ongereeldhede by die liefdemaal. Hoe die heilige nagmaal gevier moet word.

17 MAAR terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.

18 Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente,daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit.

19 Wantdaar moet ook partyskappe onder julle wees, sodatdie beproefdes onder julle openbaar kan word.

20 As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.

21 Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en dieander is dronk.

22 Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julledie gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ekjullenie.

23 Wantek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het,dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;

24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Heretotdat Hy kom.

27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aandie liggaam en bloed van die Here.

28 Maardie mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

30 Daarom is daar onder julle baie swakkes ensieklikes, en ’n aantalhet ontslaap.

31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.

32 Maar as ons geoordeel word,word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

33 Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;

34 enas iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ’n oordeel saamkom nie.Die ander sake sal ek reëlwanneer ek kom.

I KORINTHIËRS 12

Oor die verskeidenheid van geestelike gawes.

1 ENwat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

2 Julle weetdat julle heidene was, weggevoer na diestomme afgode net soos julle ook al gelei is.

3 Daarom maak ek julle bekend datniemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; enniemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

4 Daar is welverskeidenheid van genadegawes, maar dit isdieselfde Gees;

5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God watalles in almal werk.

7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

8 Want aan die een word deur die Gees ’n woordvan wysheid gegee, en aan die ander ’n woordvan kennis vanweë dieselfde Gees;

9 aan ’n ander weergeloof deur dieselfde Gees, en aan ’n andergenadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

10 aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n anderonderskeiding van die geeste, aan ’n anderallerhande tale, aan ’n anderuitleg van tale.

11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Die eenheid van die liggaam nieteenstaande die verskeidenheid van lede.

12 WANT netsoos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam,of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; enons is almal van eenGees deurdronge.

14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?

18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.

22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;

23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,

24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,

25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die ledesaam bly.

27 Maarjulle is die liggaam van Christus enlede afsonderlik.

28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plekapostels, ten tweedeprofete, ten derde leraars, daarnakragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers,regeringe, allerhande tale.

29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

30 Het almal genadegawes van gesondmaking,spreek almal in tale,kan almal dit uitlê?

31 Maarbeywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg.

I KORINTHIËRS 13

Die uitnemendheid van die liefde.

1 AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword.

2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al diekennis, en al sou ek al diegeloof hê,sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

4 Die liefdeis lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nieopgeblase nie,

5 handel nie onwelvoeglik nie,soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8 Die liefde vergaan nimmermeer; maarprofesieë — hulle saltot niet gaan; oftale — hullesal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.

9 Wantons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is,tot niet gaan.

11 Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ekdie dinge van ’n kind afgelê.

12 Wantnou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag vanaangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

13 En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

I KORINTHIËRS 14

Die uitnemendheid van die gawe van profesie bo dié van die tale.

1 JAAG die liefde na, enbeywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

2 Want hy wat in ’n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mensewoorde vanstigting en troos en bemoediging.

4 Hy wat in ’n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer,stig die gemeente.

5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek,of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ’nopenbaring, òf deurkennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?

7 Net soos met lewelose dinge wat ’n klank gee, ’n fluit of ’n siter, as hulle nie ’n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ’n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?

8 Want as die basuin ook ’n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?

9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ’n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.

10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.

11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ’nvreemdeling wees, en die spreker sal vir my ’n vreemdeling wees.

12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.

13 Daarom moet hy wat in ’n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

14 Want as ek in ’n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.

15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid.Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ookmet die verstand psalmsing.

16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van’n onkundige inneem,amen sê opjou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?

17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;

19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in ’n taal.

20 Broeders,moenie kinders wees in die verstand nie, maarwees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.

21 In die wet is geskrywe:Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.

22 Die tale is dus ’n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; dieprofesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne,sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?

24 Maar as almal profeteer en daar ’n ongelowige of ’n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig,deur almal beoordeel;

25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, enverkondig dat God werklik onder julle is.

Die noodsaaklikheid van orde in die godsdiensoefeninge van die gemeente.

26 HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle’n psalm of’n lering of’n taal of’n openbaring of’n uitlegging —laat alles tot stigting geskied.

27 En as iemand in ’n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.

28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.

29 Laat twee of drieprofete spreek en die ander ditbeoordeel.

30 Maar as daar iets geopenbaar is aan ’n ander wat daar sit,laat die eerste swyg.

31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.

32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;

33 want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soosin al die gemeentes van die heiliges.

34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soosdie wet ook sê.

35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.

36 Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?

37 As iemand meen dat hy ’n profeet of ’n geestelike mens is, moethy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

38 Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.

39 Daarom, broeders,beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.

I KORINTHIËRS 15

Die opstanding.

1 BROEDERS, ek maak julledie evangelie bekendwat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het,waarin julle ook staan,

2 waardeur julle ookgered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het,of julle moet tevergeefs geglo het.

3 Want in die eerste plek het ek aan julleoorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christusvir ons sondes gesterf hetvolgens die Skrifte;

4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek isvolgens die Skrifte;

5 en dat Hy aanCéfasverskyn het;daarna aan die twaalf.

6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige alontslaap het.

7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarnaaan al die apostels;

8 en laaste van almal het Hyverskyn ook aan my as die ontydig geborene.

9 Wantek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om ’n apostel genoem te word nie, omdatek die gemeente van God vervolg het.

10 Maardeur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maarek het oorvloediger gearbei as hulle almal;nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.

11 Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.

12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is,hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?

13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.

14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;

15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig hetdat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.

16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;

17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos,dan is julle nog in julle sondes;

18 dan is ook die wat in Christusontslaap het, verlore.

19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

20 Maar nou,Christus is opgewek uit die dode;Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

21 Wantaangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens.

22 Wantsoos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

23 maar elkeen in sy eie orde: aseersteling Christus,daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.

24 Daarna kom die einde, wanneer Hydie koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

25 Want Hy moet as koning heerstotdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.

26 Die laaste vyand watvernietig word, is die dood.

27 WantHy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.

28 En wanneeralles aan Hom onderwerp is, dansal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?

30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?

31 Ek sterfdag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

32 As ekin Éfese op menslike wysemet wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie,laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!

33 Moenie dwaal nie;slegte gesprekke bederf goeie sedes.

34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; wantsommige het geen kennis van God nie.Ek sê dit tot julle beskaming.

35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?

36 Dwase mens!Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.

37 En wat jy saai — jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.

38 Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.

39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.

40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.

41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai inverganklikheid, daar word opgewek inonverganklikheid;

43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.

44 ’n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ’nnatuurlike liggaam, en daar is ’n geestelike liggaam.

45 So is daar ook geskrywe:Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; dielaaste Adam’n lewendmakende Gees.

46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is,so is ook die hemelse mense.

49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het,so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

50 Maar dit verklaar ek, broeders,dat vlees en bloeddie koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwedie verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

51 Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee:Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maarons sal almal verander word,

52 in ’n oomblik, in ’n oogwink, by die laaste basuin; wantdie basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, enhierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is:Die dood is verslind in die oorwinning.

55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

56 Die angel van die dood is die sonde, endie krag van die sonde is die wet.

57 Maar God sy dank, wat onsdie oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig indie werk van die Here, omdat julle weetdat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

I KORINTHIËRS 16

Die insameling vir die Christene in Jerusalem.

1 WATdie insameling virdie heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek virdie gemeentes vanGalásiëgereël het.

2 Op elkeeerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaarnamate sy voorspoed is,sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.

3 En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.

4 En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.

Planne van Paulus. Verskillende aanbevelinge. Groete.

5 MAAR ek sal na jullekom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië.

6 En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kanvoorthelp waarheen ek ook al mag reis.

7 Want ek wil julle nienou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om ’n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.

8 Maar ek sal inÉfese bly totPinkster toe.

9 Want’n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, endaar is baie teëstanders.

10 Enas Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, wanthy doen die werk van die Here net soos ek.

11 Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.

12 Met betrekking totdie broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.

13 Waak,staan in die geloof,wees manlik,wees sterk.

14 Laat alles by julle in liefde geskied.

15 En ek versoek julle, broeders — julle weet dat die huisgesin vanStéfanas dieeersteling vanAcháje is en dat hulle hul totdiens van die heiliges gestel het —

16 dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.

17 En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus,omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.

18 Want hulle het my gees verkwik en julle s’n ook. Erken sulke manne dan.

19 Die gemeentes van Asië groet julle.Áquila en Priscílla saammet die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.

20 Al die broeders groet julle.Groet mekaar met ’n heilige kus.

21 Die groete van Paulus, met my eie hand.

22 As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ’nvervloeking wees!Maranáta!

23 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!

24 My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.

ROMEINE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n dienskneg van Jesus Christus, ’ngeroepe apostel,afgesonder tot die evangelie van God —

2 wat Hy tevore beloof hetdeur sy profete in die heilige Skrifte,

3 aangaande sy Seunwat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid

4 en nadie Gees van heiligheid met krag verklaar is asdie Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5 deur wieons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

6 onder wie julle ook is,geroepenes van Jesus Christus —

7 aan al die geliefdes van God,geroepe heiliges wat in Rome is:Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Die geloof van die Romeine. Paulus se vurige verlange om hulle te sien.

8 IN die eerste plekdank ek my God deur Jesus Christus oor julle almaldat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.

9 Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ekonophoudelik aan julle dink

10 en altyd in my gebedesmeek of ek tog nou eindelik ’n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom;

11 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;

12 dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.

13 Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek mydikwels voorgeneem het om na julle te kom nie — enek is tot nog toe verhinder — sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.

14 Teenoor Grieke sowel asnie-Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ’n skuldenaar.

15 Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.

Die regverdigmaking deur die geloof.

16 WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, wantdit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo,eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

17 Want diegeregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maardie regverdige sal uit die geloof lewe.

Afgodery en verdorwenheid van die heidene.

18 WANTdie toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

19 omdatwat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

20 Wantsy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hullegeen verontskuldiging het nie;

21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hullehet dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword

23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid vandie beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

24 Daaromhet God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid,om hulle liggame onder mekaar te onteer —

25 hulle wat die waarheid van God verruil het virdie leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

26 Daarom hetGod hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie,het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doenwat nie betaam nie:

29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

32 mense wat — al ken hulledie verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen,die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

ROMEINE 2

Onboetvaardigheid van die Jode. Geregtigheid van God.

1 DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging;want waarin jy ’n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4 Of verag jydie rykdom van sy goedertierenheid enverdraagsaamheid enlankmoedigheid,omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hartvergader jy vir jou toorn as ’n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6 wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek —die ewige lewe;

8 maar aan die wat eiesinnig enaan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn;

9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen,oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

11 Want daar isgeen aanneming van die persoon by God nie.

12 Wantalmal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;

13 omdat niedie hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wetgeregverdig sal word.

14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ’n wet, al het hulle geen wet nie;

15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee endie gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,

16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mensedeur Jesus Christus sal oordeel,volgens my evangelie.

Die Jode het geen verontskuldiging nie. Die ware besnydenis.

17 KYK,jy dra die naam van Jood ensteun op die wet enberoem jou op God,

18 enjy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,

19 en jy is oortuig dat jy ’n leidsman is van blindes, ’n lig vir die wat in duisternis is,

20 ’n opvoeder van onverstandiges, ’n leermeester van onervarenes, omdat jy diebeliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het —

21 jy dan, wat ’n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy?

22 Jy wat sê dat ’n mens nie owerspel mag pleeg nie,pleeg jy owerspel? Jy wat ’n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?

23 Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

24 Want, soos geskrywe is,die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.

25 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ’n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.

26 As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?

27 En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring,jou nie oordeel wat ondanksletter en besnydenis ’n oortreder van die wet is nie?

28 Wantnie hý is ’n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;

29 maar hy is ’n Jood wat dit in die verborgene is, enbesnydenis is dié van die hart,in die gees, nie nadie letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

ROMEINE 3

Voorreg van die Jood. Die geregtigheid van God.

1 WAT is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis?

2 Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dataan hulledie woorde van God toevertrou is.

3 Wantwat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskiendie getrouheid van God vernietig?

4 Nee, stellig nie! MaarGod moet waaragtig wees enelke mens leuenagtig, soos geskrywe is:Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.

5 Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid vanGod bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie?Ek spreek menslikerwys.

6 Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?

7 Maar asdie waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?

8 Enmoet onsnieliewersê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê:Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.

Al die mense is onder die mag van die sonde.

9 WAT dan?Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dathulle almal onder die sonde is,

10 soos geskrywe is:Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.

12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

13 Hul keel is ’n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog,die gif van adders is onder hulle lippe.

14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.

15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.

16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie,

17 en die weg van vrede ken hulle nie.

18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.

19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodatelke mond gestop endie hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;

20 aangesienuit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, wantdeur die wet is die kennis van sonde.

Regverdigmaking deur die geloof in Jesus Christus.

21 MAAR nou isdie geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,

22 die geregtigheid naamlik van Goddeur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, wantdaar is geen onderskeid nie;

23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

24 en hulle worddeur sy genade sonder verdienste geregverdigdeur die verlossing wat in Christus Jesus is.

25 Hom het God voorgestelin sy bloedas ’n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy diesondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God —

26 om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

27 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.

28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloofsonder die werke van die wet.

29 Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,

30 aangesiendit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en dieonbesnedenes deur die geloof.

31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.