ROMEINE 2

Onboetvaardigheid van die Jode. Geregtigheid van God.

1 DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging;want waarin jy ’n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4 Of verag jydie rykdom van sy goedertierenheid enverdraagsaamheid enlankmoedigheid,omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hartvergader jy vir jou toorn as ’n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6 wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek —die ewige lewe;

8 maar aan die wat eiesinnig enaan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn;

9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen,oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

11 Want daar isgeen aanneming van die persoon by God nie.

12 Wantalmal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;

13 omdat niedie hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wetgeregverdig sal word.

14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ’n wet, al het hulle geen wet nie;

15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee endie gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,

16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mensedeur Jesus Christus sal oordeel,volgens my evangelie.

Die Jode het geen verontskuldiging nie. Die ware besnydenis.

17 KYK,jy dra die naam van Jood ensteun op die wet enberoem jou op God,

18 enjy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,

19 en jy is oortuig dat jy ’n leidsman is van blindes, ’n lig vir die wat in duisternis is,

20 ’n opvoeder van onverstandiges, ’n leermeester van onervarenes, omdat jy diebeliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het —

21 jy dan, wat ’n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy?

22 Jy wat sê dat ’n mens nie owerspel mag pleeg nie,pleeg jy owerspel? Jy wat ’n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?

23 Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

24 Want, soos geskrywe is,die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.

25 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ’n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.

26 As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?

27 En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring,jou nie oordeel wat ondanksletter en besnydenis ’n oortreder van die wet is nie?

28 Wantnie hý is ’n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;

29 maar hy is ’n Jood wat dit in die verborgene is, enbesnydenis is dié van die hart,in die gees, nie nadie letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12 + thirteen =