I KORINTHIËRS 16

Die insameling vir die Christene in Jerusalem.

1 WATdie insameling virdie heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek virdie gemeentes vanGalásiëgereël het.

2 Op elkeeerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaarnamate sy voorspoed is,sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.

3 En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.

4 En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.

Planne van Paulus. Verskillende aanbevelinge. Groete.

5 MAAR ek sal na jullekom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië.

6 En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kanvoorthelp waarheen ek ook al mag reis.

7 Want ek wil julle nienou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om ’n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.

8 Maar ek sal inÉfese bly totPinkster toe.

9 Want’n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, endaar is baie teëstanders.

10 Enas Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, wanthy doen die werk van die Here net soos ek.

11 Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.

12 Met betrekking totdie broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.

13 Waak,staan in die geloof,wees manlik,wees sterk.

14 Laat alles by julle in liefde geskied.

15 En ek versoek julle, broeders — julle weet dat die huisgesin vanStéfanas dieeersteling vanAcháje is en dat hulle hul totdiens van die heiliges gestel het —

16 dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.

17 En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus,omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.

18 Want hulle het my gees verkwik en julle s’n ook. Erken sulke manne dan.

19 Die gemeentes van Asië groet julle.Áquila en Priscílla saammet die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.

20 Al die broeders groet julle.Groet mekaar met ’n heilige kus.

21 Die groete van Paulus, met my eie hand.

22 As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ’nvervloeking wees!Maranáta!

23 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!

24 My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 + 18 =