I KORINTHIËRS 12

Oor die verskeidenheid van geestelike gawes.

1 ENwat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

2 Julle weetdat julle heidene was, weggevoer na diestomme afgode net soos julle ook al gelei is.

3 Daarom maak ek julle bekend datniemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; enniemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

4 Daar is welverskeidenheid van genadegawes, maar dit isdieselfde Gees;

5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God watalles in almal werk.

7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

8 Want aan die een word deur die Gees ’n woordvan wysheid gegee, en aan die ander ’n woordvan kennis vanweë dieselfde Gees;

9 aan ’n ander weergeloof deur dieselfde Gees, en aan ’n andergenadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

10 aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n anderonderskeiding van die geeste, aan ’n anderallerhande tale, aan ’n anderuitleg van tale.

11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Die eenheid van die liggaam nieteenstaande die verskeidenheid van lede.

12 WANT netsoos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam,of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; enons is almal van eenGees deurdronge.

14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?

18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.

22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;

23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,

24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,

25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die ledesaam bly.

27 Maarjulle is die liggaam van Christus enlede afsonderlik.

28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plekapostels, ten tweedeprofete, ten derde leraars, daarnakragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers,regeringe, allerhande tale.

29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

30 Het almal genadegawes van gesondmaking,spreek almal in tale,kan almal dit uitlê?

31 Maarbeywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 − 15 =