ROMEINE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n dienskneg van Jesus Christus, ’ngeroepe apostel,afgesonder tot die evangelie van God —

2 wat Hy tevore beloof hetdeur sy profete in die heilige Skrifte,

3 aangaande sy Seunwat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid

4 en nadie Gees van heiligheid met krag verklaar is asdie Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5 deur wieons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

6 onder wie julle ook is,geroepenes van Jesus Christus —

7 aan al die geliefdes van God,geroepe heiliges wat in Rome is:Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Die geloof van die Romeine. Paulus se vurige verlange om hulle te sien.

8 IN die eerste plekdank ek my God deur Jesus Christus oor julle almaldat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.

9 Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ekonophoudelik aan julle dink

10 en altyd in my gebedesmeek of ek tog nou eindelik ’n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom;

11 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;

12 dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.

13 Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek mydikwels voorgeneem het om na julle te kom nie — enek is tot nog toe verhinder — sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.

14 Teenoor Grieke sowel asnie-Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ’n skuldenaar.

15 Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.

Die regverdigmaking deur die geloof.

16 WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, wantdit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo,eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

17 Want diegeregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maardie regverdige sal uit die geloof lewe.

Afgodery en verdorwenheid van die heidene.

18 WANTdie toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

19 omdatwat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

20 Wantsy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hullegeen verontskuldiging het nie;

21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hullehet dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword

23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid vandie beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

24 Daaromhet God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid,om hulle liggame onder mekaar te onteer —

25 hulle wat die waarheid van God verruil het virdie leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

26 Daarom hetGod hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie,het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doenwat nie betaam nie:

29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

32 mense wat — al ken hulledie verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen,die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − 11 =