I KORINTHIËRS 10

Laat ons God nie versoek soos Israel gedoen het nie.

1 WANT ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onderdie wolk was en almal deurdie see deurgegaan het,

2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,

3 en almal dieselfdegeestelike spys geëet het,

4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’ngeestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

5 Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, wanthulle is neergeslaan in die woestyn.

6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge sooshulle begerig was nie.

7 En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is:Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.

8 En laat onsnie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dagdrie-en-twintigduisend geval.

9 En laat ons Christus nie versoeksoos ook sommige van hulle gedoen het nie, enhulle het deur die slange omgekom.

10 En moenie murmureersoos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, enhulle het deur die verderwer omgekom.

11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskryweas ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

12 Daarom,wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maarGod is getrou,wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Die afgodery, gemeenskap met duiwels.

14 DAAROM, my geliefdes,vlug vir die afgodediens.

15 Ek spreek soosmet verstandige mense; oordeel self wat ek sê:

16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie?Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

17 Omdat dit een brood is, is ons almaleen liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

18 Let op Israelna die vlees:het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?

19 Wat sê ek dan?Dat ’n afgod iets is, of dat ’n afgodsoffer iets is?

20 Nee, maar dat die heidene wat dit offer,aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.

21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

22 Of wil onsdie ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

Die Christelike vryheid; die liefde.

23 ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ’n ander.

25 Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen,ter wille van die gewete.

26 Wantdie aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.

27 En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen,ter wille van die gewete.

28 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer — moet dit dan nie eet nie,ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete — wantdie aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan —

29 ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom wordmy vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?

30 En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belasteroor iets waarvoor ek dank?

31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

32 Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of virdie gemeente van God nie;

33 net soosek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hullegered kan word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven − 6 =