I KORINTHIËRS 13

Die uitnemendheid van die liefde.

1 AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword.

2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al diekennis, en al sou ek al diegeloof hê,sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

4 Die liefdeis lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nieopgeblase nie,

5 handel nie onwelvoeglik nie,soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8 Die liefde vergaan nimmermeer; maarprofesieë — hulle saltot niet gaan; oftale — hullesal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.

9 Wantons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is,tot niet gaan.

11 Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ekdie dinge van ’n kind afgelê.

12 Wantnou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag vanaangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

13 En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × five =