I KORINTHIËRS 15

Die opstanding.

1 BROEDERS, ek maak julledie evangelie bekendwat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het,waarin julle ook staan,

2 waardeur julle ookgered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het,of julle moet tevergeefs geglo het.

3 Want in die eerste plek het ek aan julleoorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christusvir ons sondes gesterf hetvolgens die Skrifte;

4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek isvolgens die Skrifte;

5 en dat Hy aanCéfasverskyn het;daarna aan die twaalf.

6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige alontslaap het.

7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarnaaan al die apostels;

8 en laaste van almal het Hyverskyn ook aan my as die ontydig geborene.

9 Wantek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om ’n apostel genoem te word nie, omdatek die gemeente van God vervolg het.

10 Maardeur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maarek het oorvloediger gearbei as hulle almal;nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.

11 Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.

12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is,hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?

13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.

14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;

15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig hetdat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.

16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;

17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos,dan is julle nog in julle sondes;

18 dan is ook die wat in Christusontslaap het, verlore.

19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

20 Maar nou,Christus is opgewek uit die dode;Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

21 Wantaangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens.

22 Wantsoos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

23 maar elkeen in sy eie orde: aseersteling Christus,daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.

24 Daarna kom die einde, wanneer Hydie koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

25 Want Hy moet as koning heerstotdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.

26 Die laaste vyand watvernietig word, is die dood.

27 WantHy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.

28 En wanneeralles aan Hom onderwerp is, dansal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?

30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?

31 Ek sterfdag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

32 As ekin Éfese op menslike wysemet wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie,laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!

33 Moenie dwaal nie;slegte gesprekke bederf goeie sedes.

34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; wantsommige het geen kennis van God nie.Ek sê dit tot julle beskaming.

35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?

36 Dwase mens!Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.

37 En wat jy saai — jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.

38 Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.

39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.

40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.

41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai inverganklikheid, daar word opgewek inonverganklikheid;

43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.

44 ’n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ’nnatuurlike liggaam, en daar is ’n geestelike liggaam.

45 So is daar ook geskrywe:Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; dielaaste Adam’n lewendmakende Gees.

46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is,so is ook die hemelse mense.

49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het,so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

50 Maar dit verklaar ek, broeders,dat vlees en bloeddie koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwedie verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

51 Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee:Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maarons sal almal verander word,

52 in ’n oomblik, in ’n oogwink, by die laaste basuin; wantdie basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, enhierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is:Die dood is verslind in die oorwinning.

55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

56 Die angel van die dood is die sonde, endie krag van die sonde is die wet.

57 Maar God sy dank, wat onsdie oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig indie werk van die Here, omdat julle weetdat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12 + nine =