JESAJA 17

Profesie teen Damaskus en Efraim.

1 GODSPRAAK oorDamaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ’n vervalle puinhoop word.

2 Die stede Ároër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees watdaar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak.

3 En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek dieHerevan die leërskare.

4 En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word,en die vet van sy vlees sal wegteer.

5 Endit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refáim.

6 Maar ’n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek dieHere, die God van Israel.

7 In dié dag sal die mens kyk nasy Maker, en sy oë sal sien op die Heilige van Israel;

8 en hy sal nie kyk na die altare nie, die werk van sy hande; en wat sy vingers gemaak het, sal hy nie aansien nie: dieheilige boomstamme en die sonpilare.

9 In dié dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal ’n wildernis wees.

10 Want jy het vergeetdie God van jou heil en nie gedink aan dierots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;

11 die dag as jy plant, laat jy dit groei, en in die môre laat jy jou saad uitspruit;maardit sal wees ’n hoop geoeste graan op die dag van krankheid en ongeneeslike smart.

Voorspelling van die vernietiging van die Assiriese leër.

12 WEE die gebruis van baie volke — soos die gebruis van die see, so bruis hulle! En die gedruis van nasies — soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis!

13 Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle, en hulle vlug ver weg en word gejaag soos kaf van die berge voor die wind en soos strooi voor die stormwind.

14 In die aand — daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie.Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle wat ons beroof.

JESAJA 18

Vernietiging van die Assiriërs aangekondig aan die Kusiete.

1 WEE die land van vlerkgegons wat anderkant die riviere van Kus lê;

2 wat boodskappers stuur oor die groot water en in skuite van biesies oor die waters! Gaan weg, vinnige boodskappers, nadie hoog uitgegroeide nasie met die blinkvel,na die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word.

3 Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as ’nbanier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!

4 Want so het dieHerevir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos ’n douwolk in die hitte van die oestyd.

5 Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom ’n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;

6 hulle word almal saam oorgegee aan die roofvoëls van die berge en aan die wilde diere van die aarde; en die roofvoëls sal daarop die somer deurbring, en al die wilde diere van die aarde sal daarop oorwinter.

7 In dié tyd sal aan dieHerevan die leërskaregeskenke gebring word van die hoog uitgegroeide volk met die blinkvelen van die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word, na die plek van die Naam van dieHerevan die leërskare, na die berg Sion.

JESAJA 19

Profesie oor Egipte.

1 GODSPRAAK oorEgipte. Kyk, dieHerery op ’n vinnige wolk en kom na Egipte toe; endie afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.

2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.

3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders endie geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.

4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ’nharde meester, en ’n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die HereHerevan die leërskare.

5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, endie rivier sal uitdroog en droog lê.

6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.

7 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.

8 Endie vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.

9 En die bewerkers vanuitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.

10 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.

11 Die vorste vanSoan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is ’n seun van die wyse manne, ’n seun van die konings uit die voortyd?

12 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat ’n mens kan weet wat dieHerevan die leërskare oor Egipte besluit het.

13 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste vanNof is bedroë; Egipte is op ’n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.

14 DieHerehet daarin ’n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ’n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ’n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.

15 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen worddeur kop of stert, palmtak of biesie nie.

16 Indié dag sal die Egiptenaars weessoos die vroue: hulle sal bewe en vreesvir die handgeswaai van dieHerevan die leërskare wat Hy teen hulle swaai.

17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars ’n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van dieHerevan die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.

18 Indié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees watdie taal van Kanaän spreek en by dieHerevan die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.

19 In dié dag sal daar’n altaar wees vir dieHerebinne-in Egipteland en ’n gedenksteen vir dieHereby die grens.

20 En dit sal wees ’n teken en’n getuie vir dieHerevan die leërskare in Egipteland; as hulle dieHereaanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ’n redder stuur en ’n stryder wat hulle sal verlos.

21 En dieHeresal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, endie Egiptenaars sal dieHereken indié dag; en hulle salHomdien met slagoffers enspysoffers en geloftes doen aan dieHereen dit betaal.

22 En dieHeresal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot dieHerebekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.

23 In dié dagsal daar ’n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met AssiriëdieHeredien.

24 In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ’n seën in die midde van die aarde,

25 omdat dieHerevan die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd ismy volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!

JESAJA 20

God voorspel aan die Egiptenaars en Kusiete deur ’n uitwendige teken hulle val.

1 IN die jaar toedie tartan naAsdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, en hy teen Asdod geveg en dit ingeneem het;

2 in dié tyd het dieHeredeurdie diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gorddie haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen ennaak en kaalvoet geloop.

3 Daarop het dieHeregesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank,as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte enKus,

4 so saldie koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge vanKus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet enontbloot aan die agterdele — ’n smaad vir Egipte.

5 En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, envanweë Egipte, hulle trots.

6 En die inwoners van hierdie kusland sal in dié dag sê: Kyk, só gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië — hoe sal óns dan ontvlug?

JESAJA 21

Die ondergang van Babel.

1 GODSPRAAK oor die woestynvan die see.Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit ’n vreeslike land!

2 ’n Harde gesig is my te kenne gegee:Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes.Trek op, Elam! Beleër,Medië! Aan alle gesug maak Ek ’n einde.

3 Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie.

4 My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir mydie skemeraand wat ek liefhet, tot ’n verskrikking.

5 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink … Staan op, o vorste, salf die skild!

6 Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit ’n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;

7 en sien hy’n stoet ruiters, twee aan twee, ’n stoet esels, ’n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.

8 En hy het geroepsoos’n leeu.Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.

9 En kyk, daar kom ’n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê:Geval, geval het Babel, en hulle het aldie gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.

10 oMy vertrapte engedorste volk, wat ek gehoor het van dieHerevan die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.

Profesie teen Edom.

11 GODSPRAAK oorDuma. Daar roep een my toe vanSeïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag?

12 Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.

Profesie teen Arabië.

13 GODSPRAAK teenArabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van dieDedaniete!

14 Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.

15 Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.

16 Want so het die Here vir my gesê: Binne ’n jaar —soos die jare van ’n dagloner — sal al die heerlikheid vanKedar verdwyn.

17 En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want dieHere, die God van Israel, het dit gespreek.

JESAJA 22

Die ligsinnige Jerusalem.

1 GODSPRAAK oordie dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het,

2 rumoerige, woelige stad,uitgelate vesting? Die wat in jou verslaan is, is nie deur die swaard verslaan en het nie in die oorlog gesterwe nie.

3 Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.

4 Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie;

5 want dit is ’ndag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here,dieHerevan die leërskare, in die dal van die gesig — omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!

6 EnElam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; enKir het die skild ontbloot.

7 Dan word jou beste dale met strydwaens gevul, en die ruiters staan gereed in die rigting van die poort;

8 en die beskutting van Juda word weggeneem. En in dié dag kyk jy na die wapens in dieHuis van die Bos,

9 en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is,en julle vang die waters van dieOnderste Dam op.

10 En julle tel die huise van Jerusalem, en die huise breek julle af om die muur te versterk.

11 En julle maak ’n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie.

12 En in dié dag roep die Here, dieHerevan die leërskare,tot geween en tot rouklag entot kaalskering en tot omgording van die roukleed;

13 maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink,met die woorde:Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.

14 Maar dieHerevan die leërskare het Hom in my ore geopenbaaren gesê:Waarlik, hierdie ongeregtigheid word vir julle nie versoen totdat julle sterwe nie! sê die Here, dieHerevan die leërskare.

Straf oor Sebna. Verheffing van Éljakim.

15 SO sê die Here, dieHerevan die leërskare: Kom, gaan in by daardie bestuurder, bySebna, wat oor die paleis aangestel is,en sê:

16 Wat het jy hier, en wie het jy hier, dat jy vir jou hier ’n graf uitgekap het soos een wat in die hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom ’n woning uithol?

17 Kyk, dieHeresal jou wegslinger, soos ’n man iets wegslinger, en jou vas inmekaar rol,

18 jou vas inmekaar draai soos ’n tol garing,jousoos ’n balwegslingerna ’n land wat alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe, en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van jou heer!

19 En Ek sal jou wegstoot uit jou pos, en uit jou plek sal Hy jou wegruk.

20 En in dié dag sal Ek my knegÉljakim, die seun van Hilkía, roep;

21 en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda ’n vader wees.

22 En Ek sal die sleutel van die huis van Dawidop sy skouer lê;en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.

23 En Ek sal hom inslaansoos ’n pen in ’n vaste plek, en hy sal’n eretroon wees vir die huis van sy vader.

24 En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.

25 In dié dag, spreek dieHerevan die leërskare, saldie pen padgee wat in ’n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, endie drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, wantdieHerehet dit gespreek.

JESAJA 23

Verwoesting en herstel van die stad Tirus.

1 GODSPRAAK oorTirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land vandie Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword.

2 Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het jouvroeërgevul.

3 En op groot waters is die saad vanSigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy ’nhandelswins vir die nasies geword.

4 Staan beskaamd, Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaakofjongedogters opgevoed nie.

5 As die tyding na Egipte kom, beef hulledaarvan angs by die tyding aangaande Tirus.

6 Vaar na Tarsis oor, huil, inwoners van die kusland!

7 Is dít julle uitgelatestadwat in die dae van die voortyd sy oorsprong het, wie se voete hom ver weggedra het om in vreemde lande te vertoef?

8 Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie sehandelaars die edeles van die aarde was?

9 DieHerevan die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.

10 Stroom oor jou land soos die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen gordel meerwat hinder nie.

11 Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! DieHerehet bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word.

12 En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie.

13 Kyk, die land van die Chaldeërs — dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het ditbestem vir die woestyndiere, het sy wagtoringsdaarteenopgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit ’n puinhoop gemaak.

14 Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is verwoes!

15 En in dié dag sal Tirus vergeet word,sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied:

16 Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink.

17 En aan die einde van sewentig jaar sal dieHereop Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon enhoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is.

18 Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan dieHereheilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van dieHerewoon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.

JESAJA 24

Die voleinding. Die wêreldgerig.

1 KYK, dieHeremaak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.

2 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.

3 Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want dieHerehet hierdie woord gespreek.

4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.

5 Want die aarde isontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend,die ewige verbond verbreek.

6 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ’n gloed verteer en bly daar min mense oor.

7 Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.

8 Weg isdie vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!

9 Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.

10 Verbreek isdie verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.

11 Daar is ’n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.

12 Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot ’n puinhoop stukkend geslaan.

13 Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke,soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is.

14 Hulle daar hef hul stem op,hulle jubel; vanweë die majesteit van dieHerejuig hulle van die see af:

15 Daarom, eer dieHerein die lande van die son, opdie kuslande van die seedie Naam van dieHere, die God van Israel!

16 Van die einde van die aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige! Maar ek sê: Ek teer weg, ek teer weg, wee my! Dieontroues handel troueloos, en in troueloosheid handel die ontroues troueloos.

17 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o bewoner van die aarde!

18 En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe.

19 Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.

20 Die aardewaggel geheel en al soos ’n dronkaard en swaai heen en weer soos ’nnaghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.

21 En indié dag sal dieHerebesoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oordie konings van die aarde op die aarde;

22 en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ’n kuil en bewaar word in ’n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word.

23 Endie maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; wantdieHerevan die leërskare sal regeer op dieberg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.

JESAJA 25

Die triomf.

1 HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; wantU het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheidentrou.

2 Want U hetvan ’n stad ’n hoop klippe gemaak, van ’n versterkte vesting ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.

3 Daarom sal ’n magtige volk U eer,die vesting van tirannieke nasies U vrees.

4 Want U was’n vesting vir die arme, ’n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was;’n skuilplek teen die stortreën, ’n skaduwee teen die hitte — want die geblaas van die tiranne is soos ’n stortreën teen ’n muur.

5 Soos hitte in ’n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp,sooshitte deur die skaduwee van ’n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.

6 En dieHerevan die leërskare sal ophierdie berg vir al die volke berei ’nmaaltyd van vetspyse, ’n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.

7 En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, endie omhulsel waarmee al die nasies bedek is.

8 Hy sal die dood vir ewig vernietig, en dieHereHeresal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want dieHerehet dit gespreek.

9 En hulle sal indié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is dieHereop wie ons gewag het:laat ons juig en bly wees oor sy hulp.

10 Want die hand van dieHeresal rus op hierdie berg; maarMoab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van ’n miskuil.

11 En as hy sy hande daarin uitsprei soos ’n swemmer dit uitsprei om te swem, dan sal Hy sy trotsheid afdruk tegelyk met die kunsgrepe van sy hande.

12 En diesteil versterkings van jou mure werp Hy neer, gooi Hy af, laat Hy kom tot op die grond, tot in die stof.

JESAJA 26

Die regverdiging van die Here.

1 IN dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: ’n Sterk stad het ons;Godstel heil tot mure en skanse.

2 Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!

3 U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.

4 Vertrou op dieHerevir ewig, want in die HereHereis ’n ewige rots.

5 WantHy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.

6 Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.

7 Die pad van die regverdige is gelyk;U maak die spoor van die regverdige gelyk.

8 Ook indie weg van u oordele het ons U verwag, oHere!Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte vanonssiel uit.

9 Met my siel begeer ek Uin die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

10 Wordaan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is,doen hy in ’n land van reg, en hy sien die hoogheid van dieHerenie.

11 Here, is u hand opgehef, hulle sien dit nie;maarhulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.

12 Here, U sal vir ons vrede beskik, wantU het ook al ons werk vir ons volbring.

13 Here, onse God,ander here buiten U het oor ons geheers,maardeur U alleen prys ons ú Naam.

14 Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg enalle gedagtenis aan hulle laat vergaan.

15 U het, oHere, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.

16 Here,in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.

17 Soos ’n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, oHere!

18 Ons was swanger, het weë gehad — dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.

19 U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is ’n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.

20 Kom, my volk,gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ’n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.

21 Want kyk, dieHeresal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.