JESAJA 19

Profesie oor Egipte.

1 GODSPRAAK oorEgipte. Kyk, dieHerery op ’n vinnige wolk en kom na Egipte toe; endie afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.

2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.

3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders endie geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.

4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ’nharde meester, en ’n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die HereHerevan die leërskare.

5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, endie rivier sal uitdroog en droog lê.

6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.

7 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.

8 Endie vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.

9 En die bewerkers vanuitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.

10 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.

11 Die vorste vanSoan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is ’n seun van die wyse manne, ’n seun van die konings uit die voortyd?

12 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat ’n mens kan weet wat dieHerevan die leërskare oor Egipte besluit het.

13 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste vanNof is bedroë; Egipte is op ’n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.

14 DieHerehet daarin ’n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ’n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ’n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.

15 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen worddeur kop of stert, palmtak of biesie nie.

16 Indié dag sal die Egiptenaars weessoos die vroue: hulle sal bewe en vreesvir die handgeswaai van dieHerevan die leërskare wat Hy teen hulle swaai.

17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars ’n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van dieHerevan die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.

18 Indié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees watdie taal van Kanaän spreek en by dieHerevan die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.

19 In dié dag sal daar’n altaar wees vir dieHerebinne-in Egipteland en ’n gedenksteen vir dieHereby die grens.

20 En dit sal wees ’n teken en’n getuie vir dieHerevan die leërskare in Egipteland; as hulle dieHereaanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ’n redder stuur en ’n stryder wat hulle sal verlos.

21 En dieHeresal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, endie Egiptenaars sal dieHereken indié dag; en hulle salHomdien met slagoffers enspysoffers en geloftes doen aan dieHereen dit betaal.

22 En dieHeresal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot dieHerebekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.

23 In dié dagsal daar ’n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met AssiriëdieHeredien.

24 In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ’n seën in die midde van die aarde,

25 omdat dieHerevan die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd ismy volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

16 + two =