JESAJA 20

God voorspel aan die Egiptenaars en Kusiete deur ’n uitwendige teken hulle val.

1 IN die jaar toedie tartan naAsdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, en hy teen Asdod geveg en dit ingeneem het;

2 in dié tyd het dieHeredeurdie diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gorddie haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen ennaak en kaalvoet geloop.

3 Daarop het dieHeregesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank,as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte enKus,

4 so saldie koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge vanKus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet enontbloot aan die agterdele — ’n smaad vir Egipte.

5 En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, envanweë Egipte, hulle trots.

6 En die inwoners van hierdie kusland sal in dié dag sê: Kyk, só gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië — hoe sal óns dan ontvlug?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × three =