JAKOBUS 1

Opskrif en seëngroet.

1 JAKOBUS, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus,aan die twaalf stammewat in die verstrooiing is: Groete!

Die beproewinge en versoekinge.

2 AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,

3 omdat julle weetdat die beproewing van julle gelooflydsaamheid bewerk.

4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat jullevolmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

5 En as iemand van julle wysheid kortkom,laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

6 Maarhy moet in die geloof bid,sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —

8 so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

9 Maar laat die broeder wat gering is,roem in sy hoogheid,

10 en die rykein sy geringheid, wantsoos ’n blom van die gras sal hy verbygaan.

11 Want die son gaan op met sy hitte enlaat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.

12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hydie kroon van die lewe ontvangwat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

14 Maar elkeen word versoek as hy deursy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

15 Daarna,as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het,bring dit die dood voort.

16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.

17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, vandie Vader van die ligte,by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

18 Volgens sy wilhet Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid,sodat ons aseerstelinge van sy skepsele kan wees.

Daders van die woord.

19 SO dan, my geliefde broeders, elke mens moetgou wees om te hoor,stadig om te praat,stadig om toornig te word.

20 Want die toorn van ’n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.

21 Daarom,doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord,wat in staat is om julle siele te red.

22 Enword daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

23 Wantas iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’nspieël sien;

24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

25 Maar hy wat diep insien in die volmaaktewet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.

26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is ensy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.

27 Reine en onbesmette godsdiens voorGod en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek enjou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − 6 =