I PETRUS 5

Pligte van ouderlinge en jongmense. Vermaning om nederig en waaksaam te wees.

1 EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’nmede-ouderling engetuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:

2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik;nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;

3 ook nie as heersers oordie erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

4 En wanneerdie Opperherder verskyn, sal julledie onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

5 Net so moet julle, jongeres, aandie oueres onderdanig wees; enwees almal metootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, wantGod weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander,die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet datdieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

Wense en groete.

10 EN mag die God van alle genade self,wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het,julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

11 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

12 DeurSilvánus, die getroue broeder,soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die waregenade van God is waarin julle staan.

13 Die mede-uitverkorene in Babilon enMarkus, my seun, groet julle.

14 Groet mekaar met ’n kus van liefde.Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

16 − 8 =