JAKOBUS 2

Aanneming van die persoon word veroordeel.

1 MY broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus,die Herevan die heerlikheid,nie wees met aanneming van die persoon nie.

2 Want as daar in julle vergadering ’n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ’n pragtige kleed aan, en daar kom ook ’n arm man in met vuil klere aan;

3 en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit —

4 het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?

5 Luister, my geliefde broeders — het God niedie armes van hierdie wêrelduitverkies asrykes in die geloof enerfgename van die koninkrykwat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?

6 Maar julle het diearm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en jullevoor die regbanke sleep nie?

7 Is dit nie hullewat die edele Naam belasteroor julle aangeroep is nie?

8 As julle ewenweldie koninklike wet volbring volgens die Skrif:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.

9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel,het aan almal skuldig geword.

11 Want Hy wat gesê het:Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ’n oortreder van die wet geword.

12 Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deurdie wet van vryheid geoordeel sal word.

13 Wantdie oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.

Nutteloosheid van geloof sonder werke.

14 WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?

15 As daar nou ’n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,

16 eneen uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig,maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit?

17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jouuit my werke my geloof toon.

19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwelsglo dit ook, en hulle sidder.

20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloofsonder die werke dood is?

21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdigtoe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?

22 Sien jydat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

23 Endie Skrif is vervul wat sê:En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is’n vriend van God genoem.

24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?

25 En isRagab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ’n ander pad weggestuur het nie?

26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − 13 =