I JOHANNES 4

Die valse leraars.

1 GELIEFDES,glo nie elke gees nie, maarstel die geeste op die proef of hulle uit God is, wantbaievalse profete het in die wêreld uitgegaan.

2 Hieraan ken julle die Gees van God:elke gees wat bely dat Jesus Christusin die vlees gekom het, is uit God;

3 en elke geeswat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van dieAntichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdatHy wat in julle is, groter is ashy wat in die wêreld is.

5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, endie wêreld luister na hulle.

6 Ons is uit God;hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken onsdie Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

God is liefde. Om God lief te hê en die broeders lief te hê.

7 GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.

8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, wantGod is liefde.

9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, datGod sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het,sodat ons deur Hom kan lewe.

10 Hierin is die liefde:nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur hetas ’n versoening vir ons sondes.

11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het,behoort ons ook mekaar lief te hê.

12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet,bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons,dat Hy ons van sy Gees gegee het.

14 Enons het aanskou en ons getuig datdie Vader die Seunas Verlosser van die wêreld gestuur het.

15 Elkeen wat belydat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.

16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo.God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, datons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maardie volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

20 As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat,is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

21 En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 3 =