OPENBARING 21

Die nuwe hemel en die nuwe aarde.

1 EN ek het’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, wantdie eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

2 En ek,Johannes, hetdie heilige stad,die nuwe Jerusalem,sien neerdaal van God uit die hemel, toebereisoos ’n bruidwat vir haar man versier is.

3 En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk,die tabernakel van God is by die mense, en Hy salby hulle woon, en hulle sal sy volk wees; enGod self sal by hulle wees as hulle God.

4 EnGod sal al die trane van hulle oë afvee, endaar sal geen dood meer wees nie;ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

5 EnHy wat op die troon sit, het gesê: Kyk,Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, wanthierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby!Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde.Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe,verniet.

7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; enEk sal vir hom ’n God wees, en hy sal vir My ’n seun wees.

8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes enmoordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is indie poel wat brand met vuur en swawel: dit isdie tweede dood.

Die nuwe Jerusalem.

9 ENeen van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal joudie bruid toon, die vrou van die Lam.

10 Enhy het my in die gees weggevoer op ’n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;

11 endit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ’n baie kosbare steen, soos die kristalhelderjaspissteen.

12 En dit het ’n groot en hoë muur mettwaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.

13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.

14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, endaarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.

15 En hy wat met my gespreek het, het ’n gouemeetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.

16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.

17 En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens ’n mens se maat, wat diemaatvan ’n engel is.

18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.

19 Endie fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;

20 die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.

21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, endie straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

22 En’n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

23 Endie stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

24 Endie nasies vandie wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, endie konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

25 En bedags — wantnag sal daar nie meer wees nie —sal sy poorte nooit gesluit word nie;

26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.

27 Endaarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is indie boek van die lewe van die Lam.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven + 16 =