JUDAS 1

Opskrif en seëngroet.

1 JUDAS,’n dienskneg van Jesus Christus en broer vanJakobus, aan die watgeroep, in God die Vader geheilig envir Jesus Christus bewaar is:

2 Mag barmhartigheid envrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!

Teen die goddelose en valse leraars.

3 GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaanom kragtig te stry vir die geloofwat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

4 Wantsekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mensewat die genade van onse God verander in ongebondenheid, endie enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

5 Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal,dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna diewat ongelowig was, omgebring het.

6 Endie engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;

7 soosSodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer enagter vreemde vlees aangeloop het, as ’n voorbeeld gestel is, terwyl hulledie straf van die ewige vuur ondergaan.

8 Togbesoedel ook hierdie mense net so in hulle dromeryedie vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.

9 Maar toeMígael,die aartsengel, met die duiwel in woordestryd wasoor die liggaam van Moses,het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê:Die Here bestraf jou!

10 Maarhierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.

11 Wee hulle, want hulle het die weg vanKain bewandel en om loon hulleself in die verleiding vanBíleamgestort en in die verset van Korag omgekom.

12 Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye,wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer,waterlose wolkedeur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;

13 woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterrevir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

14 En Henog,die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekommet sy heilige tienduisendtalle,

15 om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al dieharde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.

16 Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mondspreek trotse woorde,terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.

Vermaning en danksegging.

17 MAARjulle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,

18 dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tydsal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.

19 Dit is hullewat skeuring maak,sinnelike mensewat die Gees nie het nie.

20 Maar julle, geliefdes,moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof enin die Heilige Gees bid

21 en julleself in die liefde van God bewaar,terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.

22 Enaan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;

23 maar ander moet jullemet vrees reddeur hulle uit die vuur te ruk; en ookdie kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.

24 Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar enjulle sonder gebrek voor sy heerlikheidte stel met gejuig,

25 aandie alleenwyseGod, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two + twenty =