LEVÍTIKUS 19

Verskeie skaduagtige en sedewette insake die godsdiens.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle:Heilig moet julle wees, want Ek, dieHerejulle God, is heilig.

3 Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, enmy sabbatte hou. Ek is dieHerejulle God.

4 Begeef julle nie totdie afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is dieHerejulle God.

5 Enas julle ’n dankoffer aan dieHereslag, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

6 Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.

7 En as dit tog op die derde dag geëet word, sal dit ’n onrein ding wees; dit sal nie met welgevalle aangeneem word nie.

8 En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan dieHere, het hy ontheilig. Daarom moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.

9 Enas julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.

10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is dieHerejulle God.

11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.

12 En julle mag nievals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is dieHere.

13 Jy mag jou naaste nieverdruk of beroof nie.Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.

14 Jy mag ’n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is dieHere.

15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.

16 Jy mag nie as ’n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is dieHere.

17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie.Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.

18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maarjy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is dieHere.

19 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie.Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie.En ’n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.

20 En as ’n man vleeslike gemeenskap het met ’n vrou wat ’n slavin is, vir ’n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.

21 Enhy moet sy skuldoffer aan dieHerebring by die ingang van die tent van samekoms — ’n ram as skuldoffer;

22 en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van dieHereweens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.

23 En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie.

24 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte ’n heilige feesgawe aan dieHerewees;

25 en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet —dit allesom hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is dieHerejulle God.

26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Jullemag nie met verklaring van voortekens ofgoëlery omgaan nie.

27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.

28 Jullemag ook ter wille van ’n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in jullevelmaak nie. Ek is dieHere.

29 Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.

30 Julle moet my sabbatte hou enmy heiligdom ontsien. Ek is dieHere.

31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is dieHerejulle God.

32 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ’n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is dieHere.

33 Enas ’n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.

34 Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ’n kind van die land wat onder julle is.En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is dieHerejulle God.

35 Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.

36 Julle moet ’n regte weegskaal hê, regte weegstene, ’n regte efa en ’n regte hin. Ek is dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.

37 Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is dieHere.

LEVÍTIKUS 20

Straf vir verskillende misdade.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Jy moet ook aan die kinders van Israel sê:Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig.

3 EnEk sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee ommy heiligdom te verontreinig enmy heilige Naam te ontheilig.

4 En as die volk van die land hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodathulle hom nie doodmaak nie,

5 dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy geslag, en Ek sal hom en almal watagter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.

6 Enas ’n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, salEk my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.

7 Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is dieHerejulle God.

8 En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is dieHerewat julle heilig.

9 Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek.Sy bloedskuld is op hom.

10 En asiemand owerspel doen met ’n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.

11 En as ’n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

12 En as ’n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ’n gruwelikevermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.

13 En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

14 En as ’n man ’n vrou en haar moeder neem, is dit ’n skandelike daad; hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.

15 En as ’n man vleeslike gemeenskap het met ’n dier, moet hy sekerlik gedood word, en die dier moet julle doodslaan.

16 En as ’n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

17 En as ’n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit’n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet sy ongeregtigheid dra.

18 En as ’n man met ’n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot — hy het haar fontein ontbloot en sý die fontein van haar bloed — dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.

19 Ook mag jy die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul ongeregtigheid dra.

20 En as ’n man met sy tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe.

21 En as ’n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees.

22 Onderhou dan al my insettinge en al my verordeninge en doen dit, dat die land waarheen Ek julle bring om daarin te woon,julle nie uitspuug nie.

23 En julle mag nie wandel indie insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen;daarom het Ek ’n afsku van hulle gekry.

24 En Ekhet vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, ’n landwat oorloop van melk en heuning. Ek is dieHerejulleGod wat julle van die volke afgesonder het.

25 Daarom moet julle’n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls;en maak julleself nie ’n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie — wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.

26 En julle moet vir My heilig wees,want Ek, dieHere, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.

27 En as daar in ’n man of vrou ’n gees van ’n afgestorwene is of ’n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hullemoet gestenig word.Hulle bloedskuld is op hulle.

LEVÍTIKUS 21

Wette oor die reinheid van die priesters.

1 VERDER het dieHerevir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle:Aan ’n dooie moet’n priesterhom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;

2 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;

3 en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan ’n man toebehoort het nie — aan haar mag hy hom verontreinig.

4 Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.

5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.

6 Heilig moet hulle aan hulle God wees endie Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van dieHere, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.

7 Hulle mag geen vrou neem wat ’n hoer of ’n onteerde is nie; en ’n vrou watdeur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.

8 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heiligis Ek, dieHerewat julle heilig.

9 En as die dogter van ’n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader;met vuur moet sy verbrand word.

10 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek —hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.

11 En hy mag by geendooie kom nie,selfsaan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;

12 en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, wantdie wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is dieHere.

13 En hý moet ’n vrou in haar maagdelike staat neem.

14 ’n Weduwee of een wat verstoot is of ’n onteerde,of’n hoer — hulle moet hy nie neem nie; maar ’n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,

15 dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is dieHerewat hom heilig.

16 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

17 Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.

18 Want niemand aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie:’n blinde of ’n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie ’n liggaamsdeelte lank is,

19 of iemand wat ’n been of ’n arm gebreek het,

20 of wat ’n boggel het of uitgeteer is of ’n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ’ngebreklike skaamdeel het.

21 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van dieHerete offer nie. ’n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.

22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van diehoogheilige enheilige gawes eet;

23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ’n liggaamsgebrek aan hom is, dathy my heiligdomme nie ontheilig nie; wantEk is dieHerewat hulle heilig.

24 En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.

LEVÍTIKUS 22

Wette oor die reinheid van die priesters as hulle die geheiligde gawes wil eet.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met Aäron en sy seunsdat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel — wat hulleaan My heilig — sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is dieHere.

3 Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan dieHereheilig,terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is dieHere.

4 Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ’n vloeiing het, mag van die heilige gawes eetvoordat hy rein is nie. En hywat aan iemand raak wat deur ’n lyk onrein is, ofvan wie ’n saadvloeiing uitgaan,

5 ofiemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan’n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al —

6 die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hysy liggaam in die water gebad het.

7 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, wantdit is sy voedsel.

8 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is dieHere.

9 Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens dieheilige gawesgeen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is dieHerewat hulle heilig.

10 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. ’n Bywoner van ’n priester en ’n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.

11 Maar as ’n priester iemand met sy geld koop, mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is;húlle mag van sy voedsel eet.

12 Maar as die dogter van ’n priester aan ’n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.

13 Maar as die dogter van ’n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is enin die huis van haar vader terugkomsoos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.

14 En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en só wat heilig is, aan die priester teruggee.

15 Somoet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan dieHereafgee, nie ontheilig

16 en op húllegeen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is dieHerewat hulle heilig.

Bepalinge omtrent die aard van die vrywillige offers.

17 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

18 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle:Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring — volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan dieHereas brandoffer bring —

19 moet dit so bring,dat julle welgevalle vind: ’n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.

20 Julle mag nie iets bring waar ’n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.

21 Enas iemand ’n dankoffer aan dieHereofferom ’n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.

22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het ofswere of skurfte of uitslag — dit moet julle aan dieHerenie bring nie, en daarvan mag julle vir dieHeregeen vuuroffer op die altaar lê nie.

23 Maar ’n bees of stuk kleinvee waarvan ’n liggaamsdeelte lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte-offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.

24 ’n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan dieHerenie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,

25 en uit die hand van ’n uitlander mag julle van al hierdiediereaan julle Godgeen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ’n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.

26 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

27 As ’n bees of ’n lam of ’n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ’n vuuroffergawe aan dieHere.

28 ’n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam metsy kleintjie op een dag slag nie.

29 En as julle’n lofoffer aan dieHerebring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvanniks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is dieHere.

31 Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is dieHere.

32 En ontheilig my heilige Naam nie, sodatEk geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is dieHerewat julle heilig,

33 wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is dieHere.

LEVÍTIKUS 23

Wette oor die groot feeste.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:Die feestye van dieHerewat jullemoet uitroep as heilige samekomste — dit is my feestye.

3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ’n dag van volkome rus,’n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie — dit is ’n sabbat van dieHerein al julle woonplekke.

4 Dit is die feestye van dieHere,die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.

5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van dieHere;

6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van dieHere; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

7 Op die eerste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

8 Maar julle moet sewe dae lank aan dieHere’n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

9 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle:As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.

11 En hy moet die gerf voor die aangesig van dieHerebeweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester ditbeweeg.

12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ’n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan dieHereberei,

13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee-tiendesvan ’n efafynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan dieHere, ’n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ’n kwart hin.

14 En julle mag geen brood ofgebraaide koring ofvars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

15 Dan moetjulle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring — sewe volle weke moet dit wees;

16 tot die dag ná die sewende sabbat moet jullevyftig dae tel; dan moet julle’n nuwe spysoffer aan dieHerebring.

17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendesvan ’n efafynmeel wees; gesuurd moet dit gebak wordas eerstelinge aan dieHere.

18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ’n brandoffer aan dieHerewees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

19 En julle moeteen bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers asdankoffer,

20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood asbeweegoffer voor die aangesig van dieHerebeweeg saam met die twee lammers; dié moet aan dieHereheilig wees, ten voordele van die priester.

21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ’n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ’n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.

22 Enas julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is dieHerejulle God.

23 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In diesewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ’n rusdag wees,’n gedenkdag deurbasuingeklank, ’n heilige vierdag.

25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan dieHere’n vuuroffer bring.

26 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ’n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan dieHere’n vuuroffer bring.

28 En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ’n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van dieHerejulle God.

29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen,dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.

31 Julle mag géén werk doen nie; dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

32 ’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.

33 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

34 Spreek met die kinders van Israel en sê:Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir dieHere.

35 Op die eerste dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

36 Sewe dae lank moet julle aan dieHere’n vuuroffer bring.Op die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees, en julle moet aan dieHere’n vuuroffer bring. Dit is ’n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.

37 Dit is die feestye van dieHerewat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan dieHere’n vuuroffer te bring: ’n brandoffer en spysoffer, ’n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;

38 behalwe die sabbatte van dieHereen behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan dieHeregee.

39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julledie opbrings van die land insamel, moet julle die fees van dieHeresewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.

40 Enop die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, ensewe dae lank voor die aangesig van dieHerejulle God vrolik wees.

41 En julle moet dit as fees van dieHeresewe dae in die jaar vier. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.

42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,

43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is dieHerejulle God.

44 Sohet Moses dan die feestye van dieHereaan die kinders van Israel bekend gemaak.

LEVÍTIKUS 24

Wette omtrent die olie vir die lampe van die tabernakel en die toonbrode.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.

3 Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaakom te brandvan die aand tot die môre voor die aangesig van dieHere, gedurigdeur. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte.

4 Hy moet opdie rein kandelaar die lampe regmaakom te brandvoor die aangesig van dieHere, gedurigdeur.

5 Jy moet ook fynmeel neem en twaalfkoeke daarvan bak, twee-tiendesvan ’n efamoet elke koek wees;

6 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel,op die rein tafel voor die aangesig van dieHere.

7 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan dieHere.

8 Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van dieHereregsit, van die kant van die kinders van Israel as ’n ewige insetting.

9 Endit moet aan Aäron en sy seuns toekom:hulle moet dit in ’n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van dieHere— ’n ewige insetting.

Straf vir die godslasteraar en ander misdadigers.

10 EN die seun van ’n Israelitiese vrou — maar hy was die seun van ’n Egiptiese man — het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en ’n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.

11 Toe het die seun van die Israelitiese vrou dieNaamgelaster en gevloek. Daaromhet hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Selómit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.

12 En hullehet hom in die gevangenis gesit, dat hulle ’n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van dieHere.

13 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

14 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het,moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.

15 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek,sal hy sy sonde dra.

16 Enwie die Naam van dieHerelaster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land — as hy dieNaamlaster, moet hy gedood word.

17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.

18 Maar hy wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.

19 En as iemand aan sy naaste ’n liggaamsgebrek toebring —soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:

20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand — dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ’n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.

21 Hy dan wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee;maar hy wat ’n mens doodslaan, moet gedood word.

22 Neteen wet moet daar vir julle wees — die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is dieHerejulle God.

23 Moses het toe met die kinders van Israel gespreek,en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos dieHereMoses beveel het.

LEVÍTIKUS 25

Wette oor die sabbatjaar en die jubeljaar.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek by die berg Sinai en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, moetdie land ’n sabbat hou vir dieHere.

3 Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel;

4 maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ’n sabbat vir dieHere; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.

5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ’n jaar van rus vir die land wees.

6 Endie opbrings vandie sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,

7 en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.

8 Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou negen-en-veertig jaar is.

9 Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, ’n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.

10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en’n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ’n jubeljaar wees;dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

11 ’n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan ofdie druiwevan die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.

12 Want dit is ’n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.

13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.

14 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop,moet julle mekaar nie verdruk nie;

15 volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar ’n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;

16 volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.

17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie,en vrees jy jou God; want Ek is dieHerejulle God.

18 En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit,dat julle veilig kan woon in die land.

19 En die land sal sy vrug gee, enjulle sal volop eet en veilig daarin woon.

20 En as julle sê:Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie? —

21 dangebied Ek my seën vir julle in die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer.

22 En in die agtste jaar moet julle saai en vandie ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.

Oor die lossingsreg van verkoopte erfgoed en oor die slawe.

23 DIE grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; wantdie land is myne, omdat jullevreemdelinge en bywoners by My is.

24 Daarom moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond toelaat.

25 As jou broer verarm en van sy besitting verkoop,moet sy losser wat sy nabestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het.

26 En as iemand geen losser het nie, maar dit kan bekostig en genoeg vind vir die lossing,

27 moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan.

28 Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.

29 En as iemand ’n woonhuis in ’n ommuurde stad verkoop, moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; ’n jaar lank moet daar reg van lossing wees.

30 Maar as dit nie gelos word voordat ’n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nie vry word nie.

31 Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.

32 Watdie stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is — vir die Leviete moet daar ’n ewige reg van lossing wees.

33 En as iemand van die Leviete dit sal los, moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.

34 En die weiveldom hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is ’n ewige besitting vir hulle.

35 En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos ’n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.

36 Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jymoet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe.

37 Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.

38 Ek is dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.

39 Enas jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.

40 Soos ’n dagloner, soos ’n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;

41 dan moet hy vry van jou af weggaan,hy en sy kinders saam met hom; en hy moet nasy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.

42 Want hulle ismy knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ’n mens ’n slaaf verkoop nie.

43 Jy mag niemet hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees.

44 Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort — van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ’n slaaf of slavin koop.

45 En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef — van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en dié sal vir julle ’n besitting wees.

46 Enjulle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as ’n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel,die een oor die ander — oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.

47 En as ’n vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, enjou broer by hom verarm en hy homself aan ’n vreemdelingofbywoner by jou verkoop, of aan ’n familielid uit die geslag van ’n vreemdeling,

48 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broerskan hom los,

49 of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een van sy naaste bloedverwante uit sy geslag kan hom los, of ashy dit kan bekostig, kan hy homself los.

50 En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare;soos ’n dagloner sal hy dan dié tyd by hom gewees het.

51 As daar nog baie jare is, moet hyvolgens hulle sy losprys uit die geld waarvoor hy gekoop is, teruggee;

52 en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens dié jare moet hy sy losprys teruggee.

53 Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees;hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie.

54 En as hy nie op dié wyse gelos word nie, moet hy in die jubeljaar vrygelaat word,hy en sy kinders saam met hom.

55 Wantdie kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is dieHerejulle God.

LEVÍTIKUS 26

Belofte en bedreiging.

1 JULLE mag vir julle geenafgode maak nie;en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is dieHerejulle God.

2 My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is dieHere.

3 As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,

4 sal Ek jullereëns gee op die regte tyd, endie land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.

5 Endie dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, enjulle sal jul brood volop eet enveilig in julle land woon.

6 Ook sal Ek vrede gee in die land, sodatjulle sal lê en rus sonderdat iemand julle skrikmaak; en Eksal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geenswaard sal deur julle land trek nie.

7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.

8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.

9 En Ek salMy na julle wend enjulle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.

10 Julle salou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe.

11 En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.

12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees.

13 Ek is dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.

14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;

15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek —

16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik:die tering en die koors watdie oë verteer en die lewe laat versmag;julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.

17 EnEk sal my aangesig teen julle rig, sodatjulle voor jul vyande verslaan word; enjulle haters sal oor julle heers, enjulle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.

18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om jullesewevoudig weens julle sondes te tugtig.

19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, ensal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.

20 En jullekrag sal tevergeefs verbruik word, wantjulle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.

21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.

22 En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodatjulle paaie verlate sal wees.

23 Enas julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit,

24 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.

25 EnEk sal ’n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, salEk pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.

26 As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee;en julle sal eet, maar nie versadig word nie.

27 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,

28 sal Ek Myin grimmigheid teen julle versit, en Ék sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.

29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.

30 EnEk sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg enjulle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal ’n afsku van julle hê.

31 En Ek sal julle stede puinhope maak enjulle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.

32 Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon,daaroor verstom sal staan.

33 EnEk sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word.

34 Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.

35 Al die dae van sy verwoesting sal dit rus — die rus wat dit nie gehad het in jullesabbatte toe julle daarin gewoon het nie.

36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het —Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodatdie geruis van ’n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos ’n mens vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.

37 Enhulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; enjulle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.

38 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.

39 En die wat onder julle oorgebly het,sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.

40 Dan sal hulle hul ongeregtigheidbely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,

41 sodatÉk My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of,as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,

42 sal Ekdink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.

43 Maar die land moeteersvan hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeningeverwerp en hulle siel van my insettinge ’n afsku gehad het.

44 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is,verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan hulle sou maak enmy verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is dieHerehulle God.

45 Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaderswat Ek uit Egiptelandvoor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ’n God te wees. Ek is dieHere.

46 Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat dieHeretussen Hom en die kinders van Israelby die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.

LEVÍTIKUS 27

Wette oor die lossing en oor die tiendes.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand’n besondere gelofte aflê — mense aan dieHeretoewyvolgensjou skatting,

3 dan moet jou skatting vir ’n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees,volgens die sikkel van die heiligdom.

4 Maar is dit ’n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.

5 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vroulike tien sikkels.

6 Maar is dit iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.

7 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo — is dit ’n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels.

8 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat;volgenswat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.

9 En as dit vee is waarvan hulle aan dieHere’n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan dieHeregee, heilig wees.

10 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie — ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie; maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.

11 En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan dieHeregeen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,

12 en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.

13 Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.

14 En as iemand sy huis as heilige gawe aan dieHeretoewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.

15 En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.

16 En as iemand ’n stuk land van sy besitting aan dieHereheilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ’n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.

17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig — volgens jou skatting, so moet dit bly.

18 Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig,moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot dievolgendejubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.

19 En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.

20 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;

21 maar die stuk land moet,as dit in die jubeljaar vry word, aan dieHereheilig wees soos ’n stuk landonder die ban;die besit daarvan kom aan die priester toe.

22 En as hy aan dieHere’n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land vansy besitting is nie,

23 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as ’n heilige gawe aan dieHere.

24 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.

25 En alles wat jy skat, moet volgensdie sikkel van die heiligdom wees; die sikkelmoet twintig gera wees.

26 Maardie eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan dieHerebehoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee — dit behoort aan dieHere.

27 Maar is dit van ’n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoopen die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.

28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan dieHerewy, van alles wat aan hom behoort — mense of vee of grond wat in sy besit is — mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan dieHerehoogheilig wees.

29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.

30 Ookal die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan dieHere; dit is heilig aan dieHere.

31 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.

32 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee — alles watonder die herderstaf deurgaan — die tiende moet aan dieHereheilig wees.

33 Hulle mag nie ondersoekof dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.

34 Dit is die gebooie wat dieHereMosesby die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.

EXODUS 1

Harde slawerny van Israel in Egipte.

1 ENdit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:

2 Ruben, Símeon, Levi en Juda;

3 Íssaskar, Sébulon en Benjamin;

4 Dan en Náftali, Gad en Aser.

5 En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het,was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte.

6 EnJosef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag.

7 Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.

8 Toe staan daar ’n nuwe koning oor Egipte op wat niks vanJosef geweet het nie.

9 Dié het aan sy volk gesê: Kyk,die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.

10 Kom, laat ons ’n slimplan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.

11 Daar is toeopsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid teverdruk. En hulle het vir Farao dievoorraadstede Pitom en Raämses gebou.

12 Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.

13 Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien

14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye — al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.

15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue — die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua — gespreek

16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by ’n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit ’n seun is, maak hom dood; maar is dit ’n dogter, laat haar lewe.

17 Maar dievroedvroue het God gevrees ennie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.

18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?

19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk — voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.

20 Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.

21 En omdat die vroedvroue God gevrees het,het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.

22 Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.