LEVÍTIKUS 27

Wette oor die lossing en oor die tiendes.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand’n besondere gelofte aflê — mense aan dieHeretoewyvolgensjou skatting,

3 dan moet jou skatting vir ’n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees,volgens die sikkel van die heiligdom.

4 Maar is dit ’n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.

5 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vroulike tien sikkels.

6 Maar is dit iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.

7 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo — is dit ’n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels.

8 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat;volgenswat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.

9 En as dit vee is waarvan hulle aan dieHere’n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan dieHeregee, heilig wees.

10 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie — ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie; maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.

11 En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan dieHeregeen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,

12 en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.

13 Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.

14 En as iemand sy huis as heilige gawe aan dieHeretoewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.

15 En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.

16 En as iemand ’n stuk land van sy besitting aan dieHereheilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ’n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.

17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig — volgens jou skatting, so moet dit bly.

18 Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig,moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot dievolgendejubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.

19 En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.

20 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;

21 maar die stuk land moet,as dit in die jubeljaar vry word, aan dieHereheilig wees soos ’n stuk landonder die ban;die besit daarvan kom aan die priester toe.

22 En as hy aan dieHere’n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land vansy besitting is nie,

23 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as ’n heilige gawe aan dieHere.

24 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.

25 En alles wat jy skat, moet volgensdie sikkel van die heiligdom wees; die sikkelmoet twintig gera wees.

26 Maardie eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan dieHerebehoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee — dit behoort aan dieHere.

27 Maar is dit van ’n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoopen die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.

28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan dieHerewy, van alles wat aan hom behoort — mense of vee of grond wat in sy besit is — mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan dieHerehoogheilig wees.

29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.

30 Ookal die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan dieHere; dit is heilig aan dieHere.

31 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.

32 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee — alles watonder die herderstaf deurgaan — die tiende moet aan dieHereheilig wees.

33 Hulle mag nie ondersoekof dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.

34 Dit is die gebooie wat dieHereMosesby die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − 5 =